Logo
BSV 1600x160 Slim Homepage

Boererate – Boer soek 'n vrou 13

Nuus
24 Februarie 2021
Ons almal ken een of ander boereraat wat oorgedra is van generasie tot generasie. Maar werk hierdie boererate?
Untitled design

Party sweer daarby of slaan liewer hul boeke met boererate na as om na 'n mediese dokter te luister. Die storie lui dat dié plaaslike rate ontstaan het weens mense wat op afgeleë dorpe gebly het. Hulle het nie noodwendig onmiddellike toegang gehad tot mediese sorg nie en moes dus huishoudelike produkte gebruik het om hulself en ander te genees. 

Baie van die volksgeneeskunde wat ons vandag ken het ontstaan deur diere dop te hou. Springbokke, byvoorbeeld, eet Aalwyne om ontslae te raak van vlooie. 

Ons het na 'n paar interessante boererate gaan kyk en die dames van Boer soek 'n vrou uitgevra daaroor:
(Gebruik rate op eie risiko. Daar is geen waarborg dat enige van die rate werk nie!)

Skakel Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou om te sien watter tien dames se briewe het ‘n indruk gemaak op hul boere en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.

Onthou dat jy regstreeks Boer soek ‘n vrou kan stroom op Showmax sowel as die DStv-toep.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel