#BoerGerrit
OUDERDOM: 31
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: Graad
BOERDERY: Sitrusboerdery
AREA: Citrusdal, Wes-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Geskei
LENGTE: 1.84 m
SKRYF VIR DIE BOER HIER IN.
GERRIT IS OPSOEK NA:
Ek is op soek na ’n vrou wat ’n passie het vir die lewe en haar liefde uitstraal. Iemand wat naby aan God leef. Iemand wat ander mense se belange op die hart dra en graag help. ’n Persoon met toekomsvisie, standvastigheid, nederigheid, eerlikheid en spontaniteit.
LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
“Skepe is veilig in die hawe, maar dit is nie waarvoor skepe gemaak is nie”. Ek is ’n mense mens, iemand wat altyd ander mense se belange op die hart dra en graag help. Ek is spontaan en hou van avontuur. Ek is nie bang om nuwe dinge te probeer nie. Ek is goed gemanierd en hou daarvan om ’n meisie spesiaal te laat voel. Ek lewe naby aan God. Ek is baie eerlik en hou nie van konflik nie. Ek is tweetalig. My stokperdjies sluit in die volgende: Visvang, hiking, sport, reis (travel), kosmaak, perdry, kamp.
LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Verandering is moeilik vir ’n mens, maar as daar liefde en vertroue tussen twee persone is sal albei probeer om die beste weergawe van hulle self vir die ander persoon te wees. Opoffering is ’n groot deel van ’n verhouding. Daar moet ’n verstandhouding wees in ’n verhouding dat moeilike tye sal kom, dat daar dinge sal wees wat ons kan verander en dinge wat ons nie kan verander nie (tye en dinge wat ons nie altyd verstaan nie), maar as twee saam staan en die moeilike tye neem as 'n pad na sukses, gaan hulle daaruit groei en leer, want ons groei nie in die maklike tye nie. Daar moet groei in ’n verhouding wees. Lag is goeie medisyne vir jou siel.
BESTE EIENSKAPPE:
SLEGSTE EIENSKAPPE:
Ek sukkel om nee te se, ek is partykeer te eerlik met mense, ek vertrou mense te vinnig.
IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?
Ek stuur vir haar ’n bos blomme met ’n kaartjie daarby. Op die kaartjie is daar vir haar gedig geskryf, onder aan die gedig staan daar: “Trek iets mooi aan vanaand, ek tel jou 6:30 nm op.” Ek tel haar op (sy lyk beeldskoon), ek neem haar na ’n uitkyk punt toe bo-op die berg, ek het vir ons ’n piekniekkombers en piekniekmandjie ingepak. Van die uitkyk punt sien jy ’n groot vallei wat voor ons lê soos ’n lappies kombers, in die verte is daar twee bergreekse wat by mekaar kom (hulle is blou van kleur, soos iets uit ’n sprokies verhaal) en as jy mooi kyk kan mens die see so net-net sien by die punt waar hulle bymekaar kom. Die son sak stadig voor ons, en ons geniet ietsie om te drink, hou hande vas, gesels, lag en staar die verte in. Terwyl die son sy laaste strale oor ons gesigte laat skyn, is dit asof ons in 'n oomblik opgeraap word na 'n ander plek waar net ek en sy is. Die tyd staan stil...
LAAI ’N INSKRYWINGSVORM HIER AF EN SKRYF VIR DIÉ BOER ’N BRIEF.