Logo
Binnelanders_kN_Slim-Billboard-980-x-98
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Wen 'n rugbybal geteken deur Eben Etzebeth met kykNET en Binnelanders

Soos julle sekerlik teen die tyd weet, kom kuier Eben Etzebeth een van die dae hier by Binnelanders!
As deel van die storielyn teken hy ’n rugbybal, en nou wil ons graag daai getekende rugbybal aan ’n gelukkige kyker weggee!


Skryf in op Instagram of Facebook as volg om kans te staan om dié spesiale Binnelanders/Eben Etzebeth-rugbybal te WEN:

Instagram
Stap 1:  "Like" en "share" die video op jou Instagram "Stories" en gebruik die hutsmerk #EbenEtzebethBinnelanders.
Stap 2: Stuur vir ons 'n foto of video van jou en jou mense se gunsteling rugby-herinnering deur middel van 'n direkte boodskap (DM)! 

Facebook

Stap 1: "Share" die video van die Binnelanders sosiale platforms op jou Facebook.

Stap 2: In die kommentaar-afdeling onder die video, plaas ’n foto of video van jou en jou mense se gunsteling rugby-herinnering! Onthou om die hutsmerk #EbenEtzebethBinnelanders te gebruik.
 
Dit kan enige herinnering wees: daai keer toe julle die Springbokke op Loftus gaan kyk het, daai keer toe boetie sy eerste drie in Graad een gedruk het, daai keer toe jy jou gunsteling-speler ontmoet het… Solank dit te make het met rugby, gee ons nie om watter foto/video jy hieronder plaas nie!
 
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag, 14 Augustus om 20:00, en daarna gaan ons klomp akteurs deur al die foto’s en video’s kyk en besluit op ’n wenner!
 
So, skryf nou dadelik in! Jy wil nie hierdie geleentheid misloop nie.
 
Hierdie kompetisie is oop vir kykers regoor Suid-Afrika, Namibië en Botswana.
 
Ons sien uit om al julle rugby-herinneringe te sien! Viva Bokke!

Multichoice se Standaard Bepalings en Voorwaardes geld