Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Huismoles en slapelose nagte

Nuus
16 Maart 2015
Troeteldiere lei tot vele konfrontasies en slapelose nagte en iemand se glinsterogies is van korte duur.
ep1035-4

Maandag, 16 Maart 2015
‘n Geweer en ‘n gebroke hart is die enigste twee belangrike goed vir Susanna op hierdie stadium. Troeteldiere lei tot vele konfrontasies, en ‘n inspekteur word die deur gewys.

34 1031 3


Dinsdag, 17 Maart 2015
Wanneer iemand na aan Susanna beseer word, is sy gereed om oorlog toe te gaan. Zadie se eensaamheid is in sterk kontras met wat by die meisies se woonstel aan die gang is.

34 1032 2


Woensdag, 18 Maart 2015
Hoesstroop is net die begin van Susanna se probleme, en Breggie wil deel wees van die pret en plesier – op ‘n baie meer gereelde grondslag. Okkie en Ilse doen huisbesoek, en Tertius en Daleen maak gereed vir ‘n onderhoud.

34 1033 11


Donderdag, 19 Maart 2015
Jean-Pierre is die fokus van twee mediese personeellede, en Susanna braak net gal oor At. Trienie veroorsaak huismoles.

34 ep1034 3


Vrydag, 20 Maart 2015
Karli se glinsterogies is van korte duur. Rian is bekommerd oor sy onvoorspelbare vrou, en Trienie gee Zadie slapelose nagte.

34 ep1035 1