Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Erik Holm en Tinarie van Wyk-Loots is verloof

Nuus
04 November 2016
Die voormalige Binnelanders-akteur Erik Holm het sy meisie, die aktrise Tinarie van Wyk-Loots, die ja-woord gevra.
Erik Holm RZA

Foto: Anelia Loubser


Erik Holm het sy meisie, die aktrise Tinarie van Wyk-Loots, die ja-woord gevra.

Erik het ’n bekende gesig in kykNET-kykers se sitkamers geword danksy sy rol as die sakeman Rian Malherbe in die immergewilde sepie Binnelanders. Kykers het weer die beeldskone Tinarie as die stil Beulah Roberts in Vallei van Sluiers leer ken. Hierdie bekroonde aktrise het egter al in ’n rits teaterproduksies, TV-reekse en films verskyn.

Erik en Tinarie se liefde blom nie net in die werklike lewe nie. Hulle was saam in die teaterstuk Dogma, waarin die karakter Abelard (Erik) deur die kerk verwerp word weens sy buite-egtelike verhouding met Heloise (Tinarie).

Sy liefde vir Tinarie is een van die hoofredes waarom Erik die Binnelanders-stel ná agt jaar gegroet het (die akteur wou koers kies Kaap toe, waar Tinarie al vir hom gewag het).

Die Bravo!-span het die twee van nader leer ken: