’n Loopbaanverandering is dalk in sig vir ’n ambisieuse jong dame, en daar is ’n sensitiewe taak wat uitgevoer moet word voor die moed ’n mens begewe.
’n Melkskommel en ’n hamburger lei tot ’n baie ongemaklike aand.
’n Konfrontasie word in die Ferreira-huishouding gekeer, terwyl ’n laatnagoproep dalk die waarheid ontbloot.
Goeie nuus maak nie almal opgewonde nie, en ’n skouer waarop daar gehuil kan word laat ’n meisie stom.
Moenie Binnelanders, weeksaande om 19:30, misloop nie.