Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Junie-intriges

Nuus
27 Mei 2015
Die Malherbes gaan deur moeilike tye en ’n bekende gesig loer weer in.
ep1087-4
Ribavirin kom tussen Rian en Pippa te staan en ’n mens kan nie help om te wonder hoe dié middel hul toekoms gaan beïnvloed nie. Aan Pippa se sy is Daleen, wat haar deur dik en dun bystaan. Wanneer Daleen egter ’n voorstel maak, kan dit meer as net die Malherbes raak. Optimisme is nie altyd die beste medisyne nie, en twyfel en emosie is aan die orde van die dag. Wat dink Pippa van die idee op die tafel?

34 ep1088 1
34 ep1089 2


Dokter Jennifer Adams se terugkeer is ’n ligpunt, en Rian hoop Dok Jen kan help om die hospitaal weer in die regte rigting te stuur. Gaan sy planne uitwerk?

34 ep1100 4


Okkie wonder wat tussen At en Ivanka aan die gang is, maar nie eers ’n konfrontasie met At kan vir groter duidelikheid sorg nie. Jana is natuurlik ook nie beïndruk nie, en dinge raak gou gekompliseerd tussen haar en At. Is At en Ivanka in ’n verhouding, of is dit niks meer as ’n ongewone vriendskap nie?

34 ep1087 4


Junie is ’n moeilike maand vir Ivanka. Haar verlede haal haar in, en dit lyk of ’n gesondheidskwessie dinge verder kan omkrap.

34 ep1098 1
34 ep1089 3


Zadie besluit om ’n nuwe rigting in te slaan, en Morné se probleme het nie einde nie. Hy veroorsaak nuwe moeilikheid in die Ferreira-huishouding, en sukkel boonop hoe om dinge met Liezl te benader. Dan lê die besluit oor wat om ná skool te doen nog voor.

34 ep1090 4


Wimpie besluit Herman moet op sy plek gesit word, wat die fete tussen dié twee aanvuur. Okkie het probleme van sy eie, en moet mooi praat om Ilse te oortuig dat ’n middeljare-krisis nie ’n rol speel nie.

Moenie Binnelanders, weeksaande om 19:30, misloop nie!