Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Allesbehalwe windstil in Julie

Nuus
01 Julie 2020
Lees hier waarna jy kan uitsien in jou gunstelingsepie in Julie!
GMR s04 ep258 00075

Getroud Met Rugby

Die waarheid kom uit dat Mia se aantygings teen Bart vals is en almal draai teen haar. Sy word tot breekpunt toe gedryf en probeer selfdood pleeg. Candice en Liam trek in hulle nuwe huis in. Maryke en die res van die Stryder-familie neem afskeid van Julia. Candice en Anna besluit om deur skare-befondsing geld bymekaar te maak vir hul televisie produksie. Reitz kry twee nuwe huismaats – Simon en Wynand, maar hierdie saamwoon reëling maak dinge uiters ongemaklik wanneer dinge tussen Wynand en Renate meer ernstig begin raak. Lulu ontmoet vir Yvonne. Maryke ervaar vreemde simptome en word gediagnoseer met nierversaking, sy kort dringend ‘n nuwe nier en almal in die Stryders geledere bied aan om hulself te laat toets as moontlike skenkers. Blitz is geskok wanneer Johan met hom die nuus deel dat hul wil hokkie speel. Die Stryders kry ‘n nuwe kondisionerings-afrigter, Jordan James.

Op 20 Julie begin 'n nuwe seisoen en sal jy dus jou PVR-dekodeerder weer moet stel om Getroud Met Rugby op te neem.

GMR s04 ep002 01101
GMR s04 ep003 11651
GMR s04 ep006 15851
GMR s04 ep250 0007
GMR s04 ep251 00038
GMR s04 ep254 0005
GMR s04 ep258 00059
GMR s04 ep258 00075
Gallery
GMR s04 ep002 01101

Suidooster

Dit is alles behalwe windstil in Ruiterbosch in Julie. Nie net haal Carmen en Rhafiek se verlede hulle in nie, want die spook van JP begin loop en hul lewens verkeer in gevaar met die wapensmokkelaar, Jacob, wat ’n appeltjie of twee met hulle te skil het. Bridgette is ook reg om ’n nuwe blaadjie om te slaan en oorweeg dit om haar huis te verkoop, maar dit veroorsaak nuwe spanning in haar familie. Tog is daar ’n briesie van romanse ook in Ruiterbosch en lyk dit of Kaashifa uiteindelik liefde vind met Imraan en of dit vlam vat tussen Joy en Wade, maar op beide paartjies se liefdespaadjies is daar ‘n hele paar duweltjies.
Gallery

Binnelanders

Annelize Roux-Koster (Cindy Swanepoel) beleef nie die beste van maande wanneer Julie aan die deur kom klop nie. Behalwe vir die feit dat sy met 'n personeelkrisis sit aan die begin van die maand, sit sy met die hande in die hare wanneer dit by Eben Nel (Zak Hendrikz) kom. Dié eksman van haar is hopeloos te veel in die gange van Binneland Kliniek, en dit wil voorkom of hy en Tracy Smit (Melinda Brink) hegter bande gesmee het in die tyd wat sy hom basies uit haar lewe probeer skuif. Is hier iets aan die broei tussen die twee van hulle, of is daar iets anders aan die gang? Sy kry wel haar onafwendbare antwoord, en dit gaan maak dat Annelize wens die man het eerder die werk in die Kaap aanvaar soos sy voorgestel het. Annelize se lojaliteit word ook bevraagteken deur Elana Bester (Ilne Nienaber) - en dit lei weer tot probleme tussen haar en Steve Abrahams (Clint Brink). Elana is dalk nie die enigste een wat haar vermoedens het oor Annelize nie, want Conrad Bester (Hykie Berg) is ook op die oorlogspad - en dalk het dit te doen met wat Ingrid Jordaan (Michelle Botes) in sy ore fluister.  

Louis Koster (Germandt Geldenhuys) se nuwe kuierplek kom goed op dreef en daar is 'n datum vir bekendstelling - en dan begin die poppe dans, en dit nogal in die verkeerde rigting. Eerstens probeer hy spanning vermy vir sy hoë bloeddruk, maar dit is 'n onbegonne taak: sy vrou Naomi (Je-ani Swiegelaar) probeer alles in haar vermoeë om hom te help om sy spanningsvlakke af te bring - maar sy skoonpa Okkie Ferreira (Ben Kruger) jaag dit weer op. Tweedens begin die vonke spat, en die enigste antwoord wat Danny Jantjies aanbied is Sasha Kuipers (Chantal Stanfield)  - maar sy gaan dalk veroorsaak dat die man in die donker sit! Chanel Sameuls (Lindsey Abrahams) is net so vol draadwerk soos Louis se nuwe kuierplek, en 'n kortsluiting in 'n verhouding kan net deur kommunikasie gered word. Om dinge verder te kompliseer lyk Okkie ook maar nie te vars nie, volgens sy vriend Wimpie du Toit (Paul Lückhof), en dis eers wanneer Ilse Ferreira (Hannelie Warren) dit self ervaar wat sy antwoorde soek - en dit lyk nie of Hugo (Cobus Rossouw Jr) of Maya (Kara du Toit) vinnig genoeg by daardie antwoorde gaan uitkom nie. 

Terwyl Annelize haar oë opslaan na die hemele, soek Louis vir krag - en dan lê Augustus ook nog voor ...

B10 ep18 7
B10 ep23 2
B10 ep26 1
B10 ep29 4
Binn10 ep0038 10
Gallery
B10 ep18 7


Onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram.