Logo
Slim bewonder
web uni tv guide

Bewonder & Bewaar Met Bonné De Bod

144NatuurPG13

Skryf in

Kyk elke Sondag 20:00 Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod op kykNET (DStv-kanaal 144) en staan die kans om verblyf vir twee nagte vir twee mense by die Jock Safari Lodge in die Kruger Nasionale Park ter waarde van R47 100 te wen.

bewonder en bewaar komp 1

Wen verblyf by die Jock Safari Lodge

Wen verblyf by die Jock Safari Lodge met Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod

Kyk elke Sondag 20:00 Bewonder & bewaar met Bonné de Bod op kykNET (DStv-kanaal 144) en staan die kans om verblyf vir twee nagte vir twee mense by die Jock Safari Lodge in die Kruger Nasionale Park ter waarde van R47 100 te wen.

Meer oor Jock Safari Lodge

Die Jock Safari Lodge is geleë binne 6, 000 ha van ongerepte savanneveld in die suidelike deel van die Kruger Nasionale Park, Suid-Afrika se grootste nasionale park. Die wild in hierdie eksklusiewe privaat konsessie het jare lank ongestoord sonder enige skadelike menslike inmenging floreer. Die Jock Safari Lodge lê waar die Mitomeni- en Biyamiti-rivier ontmoet – ’n idilliese ligging wat gaste een van dié beste Groot Vyf-wildkyk-ervarings in Suid-Afrika bied. Die lodge het ’n trotse geskiedenis. Dis die eerste privaat konsessie wat binne die Kruger Nasionale Park toegestaan is en is genoem na ’n plaaslike legende, Jock of the Bushveld, die hondeheld van Sir Percy FitzPatrick se beroemde storie oor dapperheid en lojaliteit wat gedurende Suid-Afrika se eerste goudstormloop afspeel. Herleef Suid-Afrika se kultuurerfenis deur hierdie wonderlike, ware avontuurverhaal en besigtig die oorspronklike aandenkings wat by die hoof-lodge uitgestal word.

Twee outentieke lodge-kampe bied die tydlose styl en elegansie van ’n klassieke safari wat dié oord se ryk geskiedenis huldig, maar met al die moderne gemak en luukses wat vandag se kieskeurige reisiger verwag. Gaste word getrakteer op ’n sensoriese reis wat ryk geskiedenis, flora, fauna, bewaring, ontspanning en top- Suid-Afrikaanse kos en wyn insluit. Die Main Jock Lodge bestaan uit twaalf rietdakkamers, terwyl die nabygeleë, intieme privaat kamp, Fitzpatrick’s at Jock, met drie suites verblyf aan klein groepe en families verskaf. Kinders van alle ouderdomme is welkom by Fitzpatrick’s at Jock wat speel en leer in hul Kids on Safari-program kombineer. Buiten die uitstekende Groot Vyf-kykgeleenthede is daar daaglikse wildritte, begeleide wildstaptogte en voëlkyk. Gaste kan ook by die Leopard Creek Golf Course 18 putjies speel of afskakel en ontspan by die Relaxation Retreat-spa.

Hoe om in te skryf:

Kyk elke Sondag 20:00 Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod op kykNET (DStv-kanaal 144) en beantwoord ’n eenvoudige vraag.