Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging op Arendsvlei

Nuus
26 Augustus 2021
Die laaste tonele wat die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards dae voor haar afsterwe opgeneem het, sal hierdie week op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in die gewilde telenovelle Arendsvlei te sien wees.
Screen Shot 2021 08 03 at 4

Die land is geruk toe Shaleen in Junie vanjaar onverwags oorlede is. Sy was in Kaapstad om episodes vir Arendsvlei te skiet.

Die skielike afsterwe van Shaleen Surtie-Richards het nasionaal opslae gemaak en huldeblyke vir dié ikoniese aktrise het uit alle oorde ingestroom.  

Shaleen het reeds in 2019 haar eerste verskyning in die telenovelle gemaak as Muriel Foster en keer Donderdag vir die laaste keer terug in dié rol.

1629960498 28 jarrid  shaleen  roxy

“Muriel het ons wêreld betree as Lionel Foster (Jody Abrahams) se oorbeskermde ma wat vir ’n tydjie huis toe gekom het vir vakansie. Muriel is ’n afgetrede verpleegster wat vir Doctors without Borders werk en kom net nou en dan huis toe. Voor kykers kon gewoond raak aan haar het sy weer haar sakke gepak en vlerke gaan sprei op die skepe,” sê Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei.

Hierdie keer kom help Muriel met die reëlings vir haar enigste kleinseun, Lee-Roy (Roberto Kyle), se troue. Lee-Roy en Wesley Rossouw (Craig Adriaanse) het vroeër vanjaar verloof geraak. Hulle het vandeesweek aangekondig dat hulle oor vier weke trou.

Die aankondiging is skaars gemaak en Muriel daag onverwags op! En soos ons vir Muriel ken, neem sy natuurlik die reëlings oor. Die paartjie besluit dan om ’n kompetisie te hou en die span wat wen, mag die troue reël.

Muriel en Lionel, wie ook mekaar Mammatjie en Baltjies, is in ’n span terwyl Ronel (Melanie du Bois), Lee-Roy se ma, alleen in ’n span is.

“Shaleen sal vir ’n maand op die kassie wees. Sy het vir ongeveer twee weke by ons geskiet en was dolgelukkig op stel en het grappe gemaak soos oudergewoonte. Dit is vir ons ’n voorreg om haar laaste episodes met kykers te deel, ” sê Tarryn.

Shaleen se storielyn is die Vrydag voor haar dood voltooi.

1629960450 28 muriel arendsvlei

Arendsvlei word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai.