Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Op veel meer! – Arendsvlei

Nuus
20 Mei 2019
Ons het met die skepper van Arendsvlei gesels oor sy reeks wat nou 100 episodes bereik het.
Arendsvlei036

Theltom Masimila het begin om die reeks te skryf met die doel om ’n verhaal te skep wat opreg is en relevant is tot die realiteit van ons samelewing. Ons het met hom gesels oor hoe die reeks ontstaan het, sy verwagtinge vir die storie en meer!

1.Kan jy die presiese oomblik onthou toe hierdie storie aan jou verskyn het? Brei gerus uit.
Ek was 19 jaar oud toe ek aan Arendsvlei begin skryf het. Daar was ander reekse op televisie soos Gossip Girl en Glee. Die jongmense was gaande oor die stories. En dit was ook die tyd toe High School Musical nog ’n big deal was. Ek het besef ons het nie Hoërskool stories in Afrikaans nie. Ek skryf toe ’n kortverhaal wat by 'n hoërskool afspeel, maar die verhaal was hopeloos te lank en ek besluit om ’n draaiboek te skryf. Die verhaal het toe gedraai om ’n pa (Chris Weideman) en dogter (Monika Rossouw) wat saam ’n skool bestuur en die titel was Weideman en Rossouw. Die storie het drie keer verander. Dit was eers ’n 13-deel dramareeks getiteld Weideman en Rossouw. Daarna het ek dit verander na Eerste Pouse en toe word dit ’n Engelse drama getiteld In Loco Parentis. Uiteindelik in Januarie 2018 toe ek by Penguin films begin werk het as hoofskrywer het ek die reeks weer aan Kyknet voorgele en toe word dit Arendsvlei.

2.Het jy ooit gedink dat jou verhaal in ’n telenovela ontwikkel sou word?
Ja, ek dink ek het altyd geweet dat dit die potensiaal het om ’n tv-reeks te kon word, maar die groot verrassing was die kykers se reaksies. Ek het nie besef hoe honger almal was vir die stories wat ek ook self so graag op tv wou sien nie. En veral die KAAPS. Ons het ’n tekort aan reekse wat fokus op die verskillende soorte Afrikaans wat gepraat word. 

3.Toe jy uitvind dat kykNET jou reeks gaan vervaardig, wat was jou grootste vrees?
Eerste was daar die groot opgewondenheid, maar natuurlik as jy die stories uit jou hart uit skryf wil jy hê mense moet daavan hou. Ek het gevrees dat mense nie van die stories gaan hou nie, want baie van die stories is direk en ons vertel dit vreesloos en dit kon uit ’n eerlike plek. As daar een ding is waarvan mense nie hou nie is dit die waarheid. Ons romantiseer nie die ernstige temas waarop ons fokus nie.

4.Wat geniet jy meeste van die reeks, nou dat die reeks al 100 episodes bereik het?
Ek geniet die dialoog. Die karakters klink outentiek. Daar is iets spesiaal aan die reeks omdat ons soveel sterk vroue op die skerm het wat die stories dryf.  

5.Wat was jou gunsteling toneel van die reeks tot dusvêr?
Ek het 10 gunsteling tonele: 
1. Die aand toe David vir Beatrice gysselaar gehou het by die skool.
2. Wendy wat vir David geskiet het in sy kantoor.
3. Lionel se snaakse voorlegging vir die PT pos.
4. Janice en Lionel wat gevry het op Thys se lessenaar.
5. Janice wat haar aborsie bekendmaak.
6. Lee-Roy wat flou val aan die einde van Ronel se play.
7. Wendy se toespraak by David se gedenkdiens.
8. Claudia wat dronk raak na sy uitgevind het haar ma en pa verneuk mekaar. 
9. Clarissa se terugkoms wat Lionel op sy senuwees gehad het.
10. Lee-Roy en Wesley se eerste soen. 

6.Hoe is die ‘vibe’ op die stel van Arendsvlei?
Ons is een groot gelukkige familie wat saam 'n grensverskywende reeks maak. 

7.Wat is jou grootste wens vir Arendsvlei?
Dat ons as skrywers en kunstenaars nooit sal ophou om vreesloos temas aan te pak al maak dit vir wie ook hoe ongemaklik nie. Dat ons stories die lewe ondersoek met ’n akkurate oog en nie ’n oorversigtige oog nie. 

Bly op hoogte met Arendsvlei en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Facebook, Twitter en Instagram.