Logo
Arendsvlei – slim
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Wat gaan aan? – Arendsvlei

Nuus
22 Maart 2019
Lees meer.
Wat gaan aan? – Arendsvlei

Verskeie faktore kan bydra tot kykers wat nie op hoogte is met Arendsvlei. Jy is moontlik nuut tot die reeks, jy het moontlik werk gehad om te doen en natuurlik kon loadshedding ook ’n rol speel. Ons gee dus vir kykers híér die geleentheid om op te vang met alles belangrik wat op Arendsvlei gebeur het.

Lee-Roy het gesien hoe sy ma en Thys mekaar omhels. Nadat hy ook gesien het hoe hul vir mekaar kyk en met mekaar praat by ete het hy al hoe meer begin vermoed dat daar iets tussen hul aan die gang is.

Gertie en Johnny het saam ’n video probeer maak vir Cupid’s Corner, maar die situasie het in frustrasie geëindig nadat Johnny soos ’n robot voor die kamera gesit het en nie woorde kon uitkry nie. Johnny hou egter aan om Gertie se hart oor te wen deur anoniem met haar te gesels oor die internet met die skuilnaam SexyOuMan

Anton en Nicolene se verhouding het ’n stap verder beweeg nadat albei hul liefde aanmekaar verklaar het en ’n aand saam spandeer het in die love nest wat Anton vir hul gemaak het in die stoorkamer.

Wendy het hard to get gespeel met Ruiter nadat hy die een was wat oorspronklik nie ’n verhouding met haar wou hê nie. Hy het sedertdien sy keuse verander en probeer nou om sy en Wendy se vriendskap te omskep in iets meer. Debra is egter glad nie mal oor die idee van hulle twee wat ’n romantiese verhouding begin nie.

Beatrice het haar trots in haar sak gedruk en vir Ruiter se hulp gevra. Die onderwerp van die gesprek was Samantha wat nie haar eksamen wil gaan skryf nie. Ruiter wou eers nie help nie en het nie gedink dat dit nodig sou wees nie. Beatrice het hom egter laat besef dat Samantha moontlik sal spyt wees as sy dit nie doen nie. Hy het later met Samantha gesels oor die kwessie.

Janice en Lionel is Clanwilliam toe om ’n paar dae saam te spandeer weg van Arendsvlei. Die eerste paar dae was romanties en presies wat hul wou gehad het. Die kort vakansie het egter vinnig verkeerd geloop toe Lionel se vorige mistress opdaag in die kamer waarin hul gebly het en hom bespring. Janice het natuurlik antwoorde verwag en het vir Clarissa mooi laat verstaan dat Lionel gevat is. 

Onthou, as jy enige van die drama misgeloop het kan jy die omnibus elke Sondag kyk om 16:00. Gesels ook saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.