Logo
Alles Malan – Slim
web uni tv guide

Alles Malan

144DramaPG13 L
KV2 Deelnemer Leititia Pelzer7

Leititia Pelzer

Ouderdom: 40
Tuisdorp: Secunda
Beroep: Direkteur van Crazy Budz Arts & Crafts

Hoekom dink jy is jy ’n goeie kandidaat vir die kykNET-program Kunsvlyt?
Kuns gaan oor die interaksie tussen vriende wat familie word en hope pret wat nooit ophou nie! Jy hoef nie gelabel te word as kunstig om te kan kuns doen nie. Kuns gaan oor iets uit niks maak – iets waarop jy so trots is, jy steek dit soms weg en ander kere wys jy vir almal! Ek wil graag vir almal wys dat kuns gaan oor jou eie unieke karakter en smaak en nie daaroor om in ’n boksies te pas nie. Ek wil graag wys dat almal kuns kan doen en dat meer mense positief as negatief op kuns reageer. Kuns gaan oor die proses en die duisende pret-oomblikke langs die pad! Kuns gaan oor leer en eksperimenteer en foute maak en lag!

Watter tipe kunsvlyt doen jy en wat geniet jy die meeste?
Alles en enige iets! Ek wil alles vra en weet en probeer en wys! Mosaïek, decoupage, transfer, metal, tin, foelie, loodglas, gemengde kuns, tokreen, chalk-verf, gelatos en keramiek..

Mosaïek is by verre my gunsteling!

Hoe gereeld doen jy kunsvlyt?
Ek ‘kuns’ 25 uur in ’n 24 uur dag! Elke dag en elke uur ... ek glo mens moet mos kan ontspan! Ek werk nie ’n dag in my lewe nie ... ek love dit!

Watter ander stokperdjies beoefen jy?
Is kuns nie ’n stokperdjie nie? As ek dan moet ... ek lees ... craft boeke om meer te weet van kuns!

Wat is die grootste passie in jou lewe?
Ek wil mense help om hulle drome, asook die kind diep in hulle te herontdek. Ek wil mense help om hulle drome vlerke te gee en te sien hoe hoog hulle vlieg. Ek wil drome waar maak met hope kleure en baie liefde en pret en omgee. Ek wil wys dat almal uniek is in hulle eie en dat elkeen ’n plek en doel het in God se skepping.

Vertel ons meer van jou gesin/familie.
Ons is een groot disFUNctional-familie – ons ouderdomme wissel van vyf jaar tot 80 jaar! Ons maak die beste van elke dag én vat en leef elke dag as 'n nuwe geskenk van Bo. Ek is al vir 19 jaar lank getroud met Kobus Pelzer en ons het twee seuns. Joshuah is nou 12 jaar oud (die ouderdom waar ’n mens tieners offer soos Abraham) en Corneliuz is nou 5 jaar oud. Beide my ouers woon ook by ons. Dit is pret vanaf ons die dag begin tot ons die dag saam eindig. Ons het geen roetine en leef voluit elke dag!