Logo
kykNET Kersfeesste Kersfees 2022 - 1600 x 600 Small Billboard

kykNET se Kersfeesste Kersfees – hier’s die Top video’s

kykNET se Kersfeesste Kersfees-veldtog was ‘n reuse sukses – en ons is opgewonde om die top video’s met kykers te deel!

In Desember 2022 het kykNET en myFanPark ‘n veldtog geloods waar ons kykers die geleentheid gegee het om ‘n persoonlike video van Kersvader of een van sy elfies (‘n rits bekendes) te versoek vir ‘n geliefde. Kykers moes toe hul geliefde/s se reaksie afneem en dit aan ons stuur om in aanmerking te kom vir ‘n deel van ‘n ongelooflike R50 000.

Dit was groot pret om na al die oulike video’s te kyk wat ingestuur is. Uiteindelik kon die top video’s gekies word, en nou het ons jou hulp nodig om die wenvideo’s te kies.

Hoe dit werk:

-Kyk na al die video’s en kies dan jou gunsteling video (genommer van 1 tot 7).

-Stem vir jou gunsteling video. Onthou dat jy slegs 10 keer in die inskrywingstydperk kan stem, so kies versigtig.

-Die video’s met die meeste stemme wen ‘n deel van die kontantprys van R50 000.

Wat is op die spel? 

-Daar is ‘n kontantprys van R50 000 op die spel. 

-Die video met die meeste stemme wen R30 000.

-Die video met die tweede meeste stemme wen R10 000.

-Die twee video’s wat die derde en vierde meeste stemme kry, wen elk R5 000.

Lees die Bepalings en Voorwaardes