Logo
Dis die Kersfeesste Kersfees ooit_kykNET_2022_Campaign_Small BB

Dis die Kersfeesste Kersfees ooit!

Dis die Kersfeesste Kersfees ooit! Kersfees 2022 - myfanpark

Hierdie Feestyd, hê die Kersfeesste Kersfees ooit saam met kykNET, myFanPark en Kersvader!

Versoek ’n boodskap van Kersvader of enige van sy kerskabouters op https://kyknet.myfanpark.com/af-ZA 

Stuur dit dan aan jou kind(ers) of geliefdes, neem hulle reaksie af wanneer hulle die video kry en deel dit met ons op WhatsApp by 064 837 1357 en op sosiale media met die hutsmerk #KersfeessteKersfees.

‘n Paneel sal die Top 10 video’s kies, wat dan in Januarie 2023 op kykNET se webwerf beskikbaar sal wees om voor te stem. Die vier video’s met die meeste stemme deur die publiek deel ‘n ongelooflike R50 000!

Hoe werk die kompetisie: 

- Gaan na https://kyknet.myfanpark.com/af-ZA en besluit wie vir jou die boodskap moet stuur.

Die kinders se gunsteling, Kersvader, is sommer bo-aan die lys, maar daar is ook ander bekendes soos onder meer Binnelanders se Germandt Geldenhuys, Cindy Swanepoel, Clint Brink en Je-Ani Swiegelaar of Arendsvlei se Jolene MartinSuidooster se Eden Classens of Diepe waters se Sandi Schultz. Die koste van die boodskappe asook die instruksies is op die webblad beskikbaar.

- Stuur die video wat jy van Kersvader of die bekendes ontvang aan jou kind(ers) of geliefdes en neem hulle reaksie af wanneer hulle die video kry.

-Deel dit met ons op WhatsApp by 064 837 1357 en op sosiale media met die hutsmerk #KersfeessteKersfees.

-Die video’s moet ons bereik teen 31 Desember 12:00.

-Die kykNET-span sal al die inskrywings beoordeel en die wenner demokraties kies. 

-Die beste inskrywings sal in Januarie 2023 op kykNET se webwerf gelaai word. 

-Die publiek sal dan die geleentheid kry om vir hul gunsteling-video te stem.

-Een persoon het net 10 stemme per week.

-Die vier video’s met die meeste stemme deur die publiek deel R50 000.

- Reaksie Video’s van jou kind(ers) of geliefdes mag nie langer as 90 sekondes wees nie en moet kleiner wees as 25MB.

 

Wat is myFanPark?

myFanPark is die enigste platvorm in Suid-Afrika waar jy persoonlike interakasies met die sterre kan bekom - Video Boodskappe vir spesiale geleenthede, Zoom Oproepe om ’n ster persoonlik te ontmoet, DM geselsies, Vrae-en-Antwoorde, Sosiale Media Interaksies en meer. Daar is meer as 800 bekende Suid-Afrikaanse sterre om van te kies, insluitende komediante, TV-sterre, musikante en Springbokke, tot radio omroepers, sosiale media-persoonlikhede en selfs Kersvader!

 

Wat is op die spel? 

-Daar is ‘n kontantprys van R50 000 op die spel. 

-Die video met die meeste stemme wen R30 000.

-Die video met die tweede meeste stemme wen R10 000.

-Die twee video’s wat die derde en vierde meeste stemme kry, wen elk R5 000.

 

Bepalings en voorwaardes 

-Slegs video’s wat deur myFanPark versoek word, mag gebruik word vir die reaksie wat afgeneem word.

-Video’s van jou kind of kinders mag nie langer as 90 sekondes wees nie en moet kleiner wees as 25MB

-Inskrywings is oop vanaf 29 November 2022 om 13:00 tot 31 Desember 2022 om 12:00.

-Video’s wat ná 31 Desember ons bereik, sal nie in aanmerking kom vir die prys nie.

- Multichoice: Standaard Bepalings en Voorwaardes geld.