Logo

Yolande van Robertson kry nuwe lewe na Mooimaak

Nuus
18 Februarie 2021
Vandat Yolande gekies is vir Mooimaak, regdeur die hele proses het sy elke geleentheid aangegryp en haar positiewe gesindheid het almal geïnspireer.
Untitled design

Yolande is ‘n toegewyde ma wat ondanks baie struikelblokke haar drie seuns deur die skool gekry het. Met haar jongste in Matriek was Yolande reg om vir haarself iets spesiaals te gun en het sy reggestaan vir ‘n Mooimaak-sessie.

Een van Yolande se grootste behoeftes was dat sy nie ‘n motor gehad het nie. In Robertson se somerhitte en ysige winterkoue, moes sy daagliks kilometers ver stap om by haar verskillende werke uit te kom. Clare en die span het besluit om vir Yolande te help om ‘n  Finbond-spaarrekening oop te maak sodat sy kan spaar vir ‘n eie motor en het haar ook gehelp om ‘n motor vir drie maande te huur. Checkers het van hulle reeks motorprodukte geskenk om seker te maak dat Yolande se huurmotor altyd skoon en vars bly.

Die span by Laserderm het Yolande op ‘n kombinasie van lasers en lig behandelinge gesit waarvan een IPL- Lumecca behandeling  vir haar gesig, nek en bors was. Dit het gehelp om oppervlakkige aartjies, bruin vlekkies en verdere sonskade te behandel, asook om die tekstuur van die vel te verhelder en meer gesond en eweredig te laat voorkom.

1613632449 56 screenshot 2021 02 02 at 10.14.08 am

Yolande het ook vinnig gewoond geraak aan haar nuwe velsorgroetine met die hulp van Lamelle-produkte. Lamelle  se Vitamien C-produk is ‘n hoogs effektiewe anti-oksidant wat vryeradikale en oksidante wat veroudering veroorsaak, aktief soek en uitwis.

Alhoewel Yolande in Robertson bly, kan sy steeds al haar gunsteling Lamelle-produkte aanskaf op die aanlyn velsorgwinkel, Dermastore.

Dr Melissa Brink van JJS Denstistry het Yolande se glimlag oorgedoen deur vir haar ‘n nuwe boonste gebit te maak, asook om haar ondertande weer te laat blink met ‘n Phillips Zoom bleiking.

1613632535 56 screenshot 2021 02 02 at 10.14.12 am

Vandat Yolande gekies is vir Mooimaak, regdeur die hele proses het sy elke geleentheid aangegryp en haar positiewe gesindheid het almal geïnspireer. Selfs deur die soms pynlike vel- en tand-behandelings was Yolande dankbaar vir elke oomblik van haar Mooimaak-reis. Voor Mooimaak het Yolande net bestaan, maar na afloop van die behandeling het sy weer haar lewe en lewenslus teruggekry.

“Vir die meeste van Suid-Afrika se mense was 2020 ‘n baie moeilike en deurmekaar jaar gewees! Vir my was dit ‘n jaar van ‘n nuwe begin en tonne ‘blessings’, danksy Mooimaak Seisoen 3.  Vanaf dag een met die oudisies tot die laaste dag van ons werkswinkel het die hele span ons soos VIP'S behandel. Met my oudisie was ek net ‘n gewone stukkende vrou van die platteland. Ek het opgestaan omdat ek moes. Ek het geen selfvertroue gehad nie. Elke persoon, van die terapeut, tandarts, haarkapper, dieetkundige, die hele Mooimaak "crew" het stukkie vir stukkie my opgebou op soveel verskillende vlakke. Die behandelings vir my vel was ongelooflik, party was maar lekker seer, maar dit was alles die moeite werd. My tande was die cherry op die koek!! Ek kon nie ophou glimlag nadat my tande klaar was nie. Met my reis het ek geleer dat jy moet tyd maak vir jouself. Wat Clare en haar span vir my  gedoen het, is onvergeetlik. Ek is ‘n nuwe mens van binne en buite. Ek staan elke dag op met ‘n huppel en ek loop oor van dankbaarheid. Ek is weer lief vir myself en ‘love’ dit om in die spieël te kyk. Nooit gedink op 50 kan jy van vooraf begin nie. Ek het weer toekomsplanne en drome. Ek het ‘n hele nuwe familie bygekry met die ander deelnemers en almal is ongelooflike mense. Hoe sê mens ooit dankie aan hierdie span want woorde is nie genoeg nie. Julle het my mooi gemaak, my heel gemaak en ‘n hele nuwe uitkyk op die lewe gegee. Dankie Mooimaak-span en aan elkeen wat deel was van my reis. Dankie aan my Hemelse Vader wat my beloon het met hierdie ongelooflike lewensveranderende reis.” – Yolande Beswick

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.

Skakel Donderdae om 21:00 in vir die nuutste Mooimaak-reis, en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik.