Logo

Woef & Kie: Stuur jul video’s

Nuus
22 Mei 2015
Het jy ’n hond met talent, ’n kat met karakter, ’n papegaai met potensiaal, of was jy dalk op net die regte oomblik daar met die kamera?
WoefKie
Het jy ’n hond met talent, ’n kat met karakter, ’n papegaai met potensiaal, of was jy dalk op net die regte oomblik daar met die kamera?

In die volgende Woef & Kie-reeks, wat op 8 Julie afskop, wil ons ’n paar van oulike kykersvideo’s met ons kykers deel.

Terme en voorwaardes:

- Video-materiaal mag gebruik word vir uitsending of op kykNET se digitale platform.
- Daar sal geen vergoeding wees vir gebruik van die video-materiaal nie.
- ’n Kort beskrywing van die troeteldier en/of wat verfilm is moet saam met elke video verskaf word.
- Daar is geen waarborg dat die video wel uitgesaai sal word nie.

Hoe om jou video in te stuur:

1. Gaan na www.wetransfer.com.
2. Vul [email protected] onder ‘friend's email’ in.
3. Vul jou e-pos adres in.
4. Skryf jou naam, van, ouderdom, kontaknommer en e-posadres in die ‘Message’-blokkie.
5. Heg jou video aan.

Hou kykNET se Facebook-blad dop vir meer.