Logo

Winslyn: Toerisme

Nuus
27 Mei 2015
Leon Bosch van die Suider-Afrikaanse toerismedienstevereniging (Satsa) was in die ateljee om oor PwC se Hospitality Outlook-verslag vir 2015 tot 2019 te gesels.
Toerisme
Leon Bosch van die Suider-Afrikaanse toerismedienstevereniging (Satsa) was in die ateljee om oor PwC se Hospitality Outlook-verslag vir 2015 tot 2019 te gesels.

Die plaaslike toersimebedryf dra tot 9% by tot die land se bruto binnelandse produk (BBP), en skep sowat 1,5 miljoen werksgeleenthede, het Bosch gesê.

Te midde van swak ekonomiese groei en uitdagings in dié bedryf, voorspel PwC dat Suid-Afrika se gasvryheidsbedryf in die volgende vyf jaar gaan groei. Volgens sy ranglys van mededingendheid in die toerisme­bedryf, is Suid-Afrika 48ste (uit 142 lande).

Volgens Bosch word die bedryf deur onder meer stakings en die land se visum-beleid geknou. Verder is buitelanders baie veiligheidsbewus, het Bosch gesê.

Bosch het gesê die visum-regulasies hou ’n groot gevaar vir die land se toerismebedryf in. “Ons regering besef nie wat hulle doen nie,” het Bosch gesê. Hy meen daar is nie met die rolspelers, Satsa ingesluit, om ’n tafel gesit nie.

PwC verwag dat die hotelmark, veral in Kaapstad, die meeste groei oor die volgende vyf jaar gaan toon. Hy bly optimisties oor die toekoms van toerisme in Suid-Afrika, het Bosch gesê.

Kyk die video hier onder vir die volledige gesprek.