Logo

Winslyn: Kubermisdaad

Nuus
01 Julie 2015
Divan Botha het met Jan Vermeulen en Frans Lategan gesels oor kubersekuriteit en Suid-Afrika se internet-ooreenkoms met China.
kn_winslyn_20150630_kuberruim_900
Divan Botha het met Jan Vermeulen, senior-joernalis van MyBroadband, en Frans Lategan, inligtingsekuriteit-spesialis vir Sensepost, gesels oor kubersekuriteit en Suid-Afrika se internet-ooreenkoms met China.

Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs ’n internet-ooreenkoms, met regulasies vir aanlyn inhoud, met die Chinese regering onderteken. Volgens Vermeulen is dié beleid egter niksseggend.

Die DA se kommentaar op hierdie beleid is polities kommerwekkend, het Vermeulen gesê, omdat China nie vergewend is teenoor aktiviste wat swak kommentaar lewer oor die Chinese regering nie.

Die kwessie van globale kuberveiligheid kan ’n groot uitdaging vir Suid-Afrikaanse ondernemings inhou weens die plaaslike onkunde van kuberveiligheid. Dus is dit belangrik om sekere maatreëls te volg om nie ’n “sagte teiken” vir kubermisdaad te word nie.

Kyk die video hier onder vir die volledige gesprek: