Logo

Winslyn: Entrepreneurs dra by tot onderwys

Nuus
22 Julie 2015
Ons het met Jason Smith en Tessa Bailey van Novo South Africa oor die rol van entrepreneurs op die gebied van onderwys gesels.
kn_winslyn_eksklusief_novo_900
Novo South Africa bied onder meer beurse vir tersiêre opleiding. Die stigters van dié organisasie, Jason Smith en Tessa Bailey, was vandeesweek op Winslyn om oor hul sakemodel te gesels.

Entrepreneurs kan die onderwys-landskap verander, het Smith agter die skerms gesê. “Jy kan nie ’n impak maak sonder om innoverend te wees nie.”

Novo South Africa se sakemodel werk op die beginsel van teruggee.

Volgens Bailey is daar baie organisasies wat poog om ’n verskil te maak. Onkonvensionele metodes is egter nodig om so effektief moontlik te wees en ’n daadwerklike verskil te maak, het sy gesê.

Dis entrepreneurs, onderwysers en ouers se rol om leerders aan te moedig, het Smith gesê. “Net omdat iets op skool nie uitgewerk het nie, beteken dit nie hulle is mislukkings nie.”

Kyk die eksklusiewe onderhoud hier onder: