Naboomspruit hou sy jaarlikse Windpompfees van 30 April tot 2 Mei. Daar is iets van alles, van 4x4 aksie tot stalletjies, gholf, lugvertonings en ander buitelug-aktiwiteite. Kunstenaars wat gaan optree, sluit Elvis Blue en Andriëtte Norman in.
Die deure open Donderdag om 09:00 en op Vrydag en Saterdag reeds om 07:00.
Kaartjies
Donderdag: R80 (R50 vir pensionarisse)
Vrydag: R90
Saterdag: R100
Moenie vanjaar se Windpompfees met kykNET misloop nie!