Logo
Wat dit vat – Slim
web uni tv guide

Wat Dit Vat: Met Loki Rothman

144Realiteit13 L

Wie het wat dit vat? – Wat dit vat

Nuus
27 Desember 2021
Die groot dag het aangebreek! Wie het #WatDitVat ?
Wat dit vat – Final Billboard

Op 4 Oktober het Loki Rothman hierdie groot taak aangepak om 'n doodgewone ou of meisie, in Suid-Afrika se nuutste popsensasie te verander!
Inskrywings het ingestroom, maar slegs 3 deelnemers was gekies om hierdie reis te stap saam met Loki: Edo Mostert, Joseph Mitchell en Michelle Mountjoy.

Met drie uiteenlopende persoonlikhede het Loki dit baie maklik gevind om die mentors met die deelnemers te groepeer. Early B was gepaar saam met Uncle Joe, Hunter Kennedy met Edo en Appel en Michelle. 

Die deelnemers was getoets, bederf en aan die diepkant ingegooi! So wie sal swem, en wie gaan sink? 
Dit is nou jou beurt, kyker, om te besluit wie het #WatDitVat:

Edo

Edo Mostert se enkelsnit en musiekvideo vergroot die grense van die Afrikaanse LGBTQI -gemeenskap en plaas die fokus op liggaamspositiwiteit met ’n gay-vriendelike aanslag.

Laai Edo se enkelsnit hier af:

edo

Uncle Joe

Die 61-jarige uncle Joe het gewik en weeg oor die genre waarin Loki Rothman en Early B hom wou plaas, maar sy enkelsnit en musiekvideo tiek beslis elke blokkie vir lekker skud, lekker dans en net sommer LEKKER musiek!

Laai Uncle Joe se enkelsnit hier af:

uncle joe

Michelle

Loki Rothman en Appel se enkelsnit vir die skaam en teruggetrokke Michelle Mountjoy het haar beslis uit haar gemaksone gestoot en die resultaat is niks kort van betowerend nie. Adelé wie?

Laai Michelle se enkelsnit hier af:

michelle