Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 11: Wense vanuit inperking – Kwarantyn

Nuus
20 Junie 2020
Het jy ’n soortgelyke wens?
Alleen tydens inperking

Teen dié tyd weet elke Suid-Afrikaner hoe moeilik inperking op tye kan raak, en wat ’n reuse impak dit op ons fisiese én psigiese gesondheid kan hê. Op 23 Maart 2020 het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat die land vanaf 26 Maart om middernag ingeperk sal word in 'n wêreldwye poging om Covid-19 te bekamp. 

Tydens dag-11 in die Kwarantyn-huis het pa Braam uit die bloute vir die res van die Le Roux-familie gevra wat hulle graag eerste sal wil doen, sodra inperking gelig word, en die reaksie was baie vermaaklik.

Manie het glad nie geskroom om sommer dadelik te antwoord nie. “Uiteet en drink,” het hy onmiddellik gesê, en die familie was verbaas. Die kortdurende stilte was gebreek met Braam se post-inperking wens: “Motorfietsry en jag”.

Die familie het lekker gelag toe Heinrich sê: “Ek kan gaan vir ’n week alleen in die bos sit...” 

Braam se vraag het ons kykers se aandag getrek, en verskeie opinies was op sosiale media gelig. 

LEES OOK: HULLE LOER VIR JOU

Hazel Afrika het gesê dat sy haar familie verskriklik mis: “Ek sien uit om weer saam met hulle te kuier”. Dit was ook Charmaine Shirley Ewerts se wens – om “net lekker weer saam met familie te kuier”.

Doret Venter kan nie wag om weer tyd saam met haar dogter te spandeer nie, veral “[om haar] styf vas te hou en lekker saam kos te maak”. Charmaine van Heerden kan ook nie meer wag om haar dogter te sien nie. “As internasionale vlugte oopmaak, kan my dogter, wat in Sjina is, kom kuier,” het sy verkondig.  

Alta Adams vereenselwig ook met Hazel, Charmaine en Doret. Sy sien egter uit om haar moeder weer te sien, en vir haar ’n stywe drukkie te gee. “Ek mis haar verskriklik, en sy gaan haar 80ste verjaarsdag op 2 Julie begin sonder ons…”.

“Ek sien uit na die vars lug,” het Brent Breezy gesê. “Die see is [eerste op die lys], maar ek wil net graag die natuur weer beleef,” het hy op die Kwarantyn Facebook-blad geopenbaar.

Emmerencha Kotzee mis ook die seefront. Sy sê: “Dit is glad nie lekker om na die see te sit en kyk deur jou venster nie…”.

En dan was daar natuurlik Lorenza Odendaal wat saam met Manie stem: Sy kon net nie meer wag vir die restaurante om oop te maak en om ’n drankie te drink nie. “Gooi daai Fanta met ’n twist, ou Manie,” het sy laggend getik terwyl sy tien teen een saamgeknik het.

Waarna of na wie verlang jy? Deel gerus jou gedagtes met ons op sosiale media.Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.