Logo

Wen ’n BBP-ervaring saam met die Dis hoe ons rol-span

Nuus
08 Junie 2016
Op 15 Junie gaan Dis hoe ons rol se Zander Tyler, oftewel Jack Parow, en Hardus van Deventer 20 gelukkige aanhangers die geleentheid gee om die reeks se bekendstellingsgeleentheid by te woon.
DHOR Zander Tyler

Dis hoe ons rol, ’n nuwe reeks met Zander Tyler, oftewel Jack Parow, en sy avontuurlustige vriend Hardus van Deventer, word vanaf 1 Julie op Vrydae om 21:00 op kykNET uitgesaai.

Op Woensdag 15 Junie gaan Zander en Hardus 20 gelukkige aanhangers die geleentheid gee om die Dis hoe ons rol-bekendstellingsgeleentheid in Johannesburg by te woon en eksklusief die eerste episode van die reeks te kyk. Dié aanhangers gaan ook die geleentheid hê om Zander en Hardus van nader te ontmoet.

34 dhor parow hardus


Die kompetisie het reeds gesluit. Hier is die wenners:

Anél Snyman
Jean Botha
Jan Venter van den Berg
Pierre-Raymond de Bruin
Werner Schaefer
Jacques Loots
Bertie
Marius Boonzaier
Riaan Bezuidenhout
Riana Fourie
Elize Horak
Yvonne Lessing
Chantel van Rooyen
Rietjie van Vuuren
Juan C. Labuschagne
Reg Sutton
C.J. Oosthuizen
Andries van Rooyen
Marieke Snyman
Gerda Weideman

Dis hoe ons rol is ook van 2 Julie af weekliks op ShowMax beskikbaar, so die hele wêreld kan saamkyk na Zander en Hardus se motorfiets-avonture!

Terme en voorwaardes

– Die kompetisie strek van 8 tot 13 Junie 2016.
– 20 Mense kan ’n BBP-ervaring by die Dis hoe ons rol-bekendstellingsgeleentheid wen. Die presiese tyd en plek sal aan die wenners bekend gemaak word.
– Wenners is self verantwoordelik vir vervoer na en van die geleentheid, sowel as vir verblyf, indien dit nodig is.
– Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
- Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.