Logo

Wen met Koekedoor!

Nuus
26 Maart 2015
Wen-300x200

Ons wil sien hoe skeppend jy met tuisgebak kan raak. Twee gelukkige kykers kan elkeen ’n DStv Explora-dekodeerder wen, en al wat jy hoef te doen is om ’n foto van jou gebak op Facebook of Twitter met ons te deel!

Wat bak jy? Het jy ’n smullekker tert opgetower, die allerheerlikste soetbrood uit die oond gehaal of iets koekerig om te deel?

Maak só:

  • Neem ’n foto van jou gebak.

  • Om op Facebook in te skryf, gaan “like” ons profiel en plaas ’n foto op ons Facebook-muur. Gebruik die hutsmerk (hashtag) #Koekedoor, en vertel ons kortliks meer oor die gebak.

  • Om op Twitter in te skryf, twiet jou foto na @Koekedoor. Gebruik die hutsmerk #Koekedoor en skryf vir ons wat jy gebak het.


Die reëls:

  • Jy mag meer as een keer inskryf.

  • Jy moet in Suid-Afrika woon.

  • Jy het tyd tot 4 Junie 2015 (wanneer die reeks eindig) om in te skryf.

  • Die wenners sal na afloop van die reeks aangekondig word.

  • Die wenners ontvang elk slegs ’n DStv Explora-dekodeerder. Hulle is self vir die ekstra kostes (soos installering en subskripsie) verantwoordelik.

  • Die vervaardiger behou die reg om die kompetisie op kort kennisgewing te kanselleer.

  • Sou die kompetisie gekanselleer word, is kykNET, Media24 en Koekedoor nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.

  • Inskrywings word Koekedoor se eiendom, en jou foto’s mag aanlyn gepubliseer word.

  • Die wenners word deur ’n verteenwoordiger van kykNET gekies. Die beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.

  • Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet die wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om só hul prys te ontvang.

  • Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie.

  • Deur vir dié kompetisie in te skryf, erken deelnemers dat hulle die bepalings en voorwaardes verstaan en aanvaar.

  • Media24, kykNET en Koekedoor word gevrywaar van enige eise wat uit deelname kan spruit.

  • Die wenners sal op Facebook of Twitter gekontak word.