Logo

Wen met Huisgenoot en Vir die Voëls

Nuus
09 September 2016
Vir die Voëls tref binnekort die silwerdoek! Deel in die opwinding deur die fliekplakkaat in die middel van jou nuutste Huisgenoot te kry – jy kan lekker pryse wen!
Vir die Voëls word op 25 November 2016 as deel van Huisgenoot se eeufeesviering uitgereik! Om dit te vier is daar ’n lekker verrassing op die middelbladsye van jou nuutste Huisgenoot (die uitgawe van 15 September, wat vanaf Vrydag 9 September op die rakke te kry is).

Ja, dit is die amptelike plakkaat van die fliek wat eksklusief en éérste op die middelblad van die Huisgenoot verskyn. Koop dus jou Huisgenoot, haal die pragplakkaat uit, plak dit soos van ouds teen jou muur of kas, neem ’n foto en deel dit op Huisgenoot se Facebook-blad om in te skryf.

Jy kan heerlike pryse losslaan! Vir meer inligting, sowel as die bepalings en voorwaardes, lees meer hier.

Vir die Voëls vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag.

Ons het agter die skerms gaan kuier op die stel van die rolprent Vir die Voëls.

Kyk die lusmaker-lokprent hier:



Vir die Voëls is in samewerking met kykNET Films deur The Film Factory vervaardig en die rolverdeling sluit in Elize Cawood, Nicola Hanekom, Neels van Jaarsveld, Drikus Volschenk, Leandry Smith, Liam Bosman, Lara Kinnear, Candice Kruger en Bennie Fourie. Dit word deur Ster Kinekor Entertainment versprei.