Logo

Wen met Hallelujah SA

Nuus
11 Mei 2016
Staan ’n kans om ’n Hallelujah SA-album sowel as ’n kaartjie na een van hul konserte los te slaan.
Hallelujah SA, met Adam Barnard en Henri Scott, het onlangs opgetree by die Pretoria Barnyard, Parkview.

Hulle het die verhoog gedeel saam met die skoolkore van Laerskool Kameelfontein en Laerskool Garsfontein. Die produksie word met trots aangebied deur kykNET en LiG-tydskrif.

Gaan na Hallelujah SA se Facebook-blad en staan ’n kans om ’n Hallelujah SA-album sowel as ’n kaartjie na een van hul konserte. Die prys sluit ook ’n #followJesus T-hemp in – deel gerus met julle vriende.

Hallelujah SA het die musiekvideo vir “Op berge staan” onlangs vrygstel. Kyk dit hier.

Hallelujah SA is ’n lofprysingsprojek wat laer- en hoërskole regoor Suid-Afrika aanmoedig om betrokke te raak. Dié landswye toer sal in Augustus eindig.