Logo

Wen die stryd teen selluliet

Nuus
17 Junie 2015
Die fiksheidskenner Linda Kriel wys jou hoe.
IMG_0431
Moenie wag tot die somer hier is nie. Nóú is die tyd om werk te maak van daardie lemoenskildye. Gereelde oefening help om van selluliet ontslae te raak, omdat dit die bloedsomloop bevorder. Trae bloedsirkulasie is ’n groot oorsaak van selluliet.

Die volgende oefeninge sal help om die bloedsomloop in die sitvlak, heupe en bobene te bevorder. Jy kan dit elke dag en op enige plek doen – selfs terwyl jy TV kyk. Boonop is daar verskeie oefeninge op die Kry Daai Lyf DVD om van selluliet in daardie probleemareas ontslae te raak.

1. “Stap” op jou sitvlak

Sit op die vloer met albei bene voor jou uitgestrek. Hou jou rug regop en jou maag ingetrek. Kruis jou arms voor jou. “Stap” nou vorentoe op jou sitvlak vir 8 tellings en dan weer terug vir 8 tellings. Herhaal ’n hele paar keer totdat jy moeg word.

34 img 0431


2. Rol van kant tot kant

Sit op die vloer met jou knieë gebuig en jou voete bymekaar. Plaas jou hande agter jou op die grond om jouself te stut. Rol nou van kant tot kant deur albei bene eers na links en dan na regs te kantel. Hierdie oefening bevorder nie net die bloedsirkulasie in jou agterstewe nie, maar werk ook goed vir jou middellyf- en maagspiere. Onthou dus om jou maag in te trek om só die oefening meer doeltreffend te maak. Doen 50 herhalings of meer.

34 img 0433


Kry Daai Lyf DVD is beskikbaar by Musica, kykNET se aanlynwinkel en takealot.com.
Volg Linda op Facebook of op Twitter by @linda_kriel.