Logo

Welkom in die top-6 – Maak My Famous

Nuus
20 Junie 2019
Waarskuwing: Dié artikel bevat ‘spoilers’.
MMF_top 6

FOTO: Light Lounge Studio

Dié week het die Maak My Famous top-7 liedjies gesing wat vrygestel is in hulle geboortejaar en die resultaat? Magic. Dié keer het die Grammy-bekroonde All-4-One ’n verskyning gemaak op die Maak My Famous-verhoog, asook die voormalige Idols SA-medewenner, Sasha-Lee Davids. En ja, All-4-One se treffer “I Swear” was deel van die repertoire



LEES OOK: ’N KAAPSE DRAAI

Bernice West het die verhoog aan die brand gesing met haar weergawe van die Bon Jovi-treffer “It’s My Life”. “Dit het vir my so ’n besonderse mooi lewensboodskap, want dit gaan daaroor dat ’n mens net een kans het op lewe. En wat jy gaan maak met daai kans hang van jou af,” het sy vertel. Kyk hier hoe Bernice dié treffer haar eie maak.

Volgende aan die beurt was die komediant Rezah Forbes wat oor sake soos die mispronouncing van sy naam, tot WhatsApp groepe en optredes by begrafnisse gepraat het. As jy hier kyk sal jy verstaan hoekom hy “out of our league” is.

Whitney Houston het destyds vir SA Ensemble se Donald na trane gedryf en op hulle beurt het SA Ensemble weer die hele gehoor in trane gehad. “You guys are going to be one of the biggest musical exports of our country,” het aanbieder Tarryn Lamb emosioneel ná hul optrede opgemerk. Emo het self die trane probeer wegsluk. Kliek hier vir hul hartroerende optrede.

Volgens Tarryn is dit The Unknown se aansteeklik ritme en fyn humorsin wat hulle tot hier gebring het. Hulle het haar nie teleurgestel nie en nuwe betekenis gegee aan treffers soos “I Believe I Can Fly”, “Barbie Girl”, “Un-break My Heart” en “This is How You Do It”. “It doesn’t matter where you come from. What matters is where you’re going to. En julle gaan baie ver,” het Emo ná hulle optrede opgemerk. Kyk hier na hulle energieke vertoning.

Cheswyn Ruiters kan reg aan enige liedjie laat geskied en dié Bee Gees-treffer was geen uitsondering nie. “Dis beslis jou beste optrede sedert ek Maak My Famous gejoin het,” het Ian van hom laat hoor. Kyk hier na die performance wat Emo se voete onder hom uitgeslaan het. 

Megan was laaste aan die beurt en het die gehoor betower met haar weergawe van Aerosmith se “I Don’t Want to Miss a Thing”. “Ek kan niks fout vind met wat jy vanaand gedoen het nie. Vir die die heel eerste keer believe ek jou. Jy het net gesit en net gesing. Jou version was fantastic.” Stem jy saam met Emo? Kyk hier na haar vertoning.

Ons harte was seer om aan die einde van die aand vir Jesmoné Damonse te groet. Maar sy weergawe van George Michael se “Faith”, laat hy ons glo dat hy nog vir groot dinge in die musiekindustrie bestem is.

Daar was trane, en sommer baie van dit. Hier is ’n agter-die-skerms-kykie: 

Gallery
Light_Lounge_Studio-427


Gelukkig is dit nie die einde van die pad vir die talents wat uitval nie. Die top-48 se liedjies is nou beskikbaar op iTunes. “Ek het besluit om die liedjies op iTunes te plaas omdat ek voel almal verdien ’n geleentheid,” het Emo vertel. Lees meer hier. 

Onthou, ons gee jou nou die geleentheid om jou gunsteling-deelnemer vanuit die top-48 te laat terugkeer vir die regstreekse finaal van Maak My Famous wat op 11 Julie uitgesaai word. Stem hier.  

Wat het jy van dié week se optredes gedink? Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 en 21:00 op DStv-kanaal 145. Hier is wat voorlê in volgende week se aflewering.