Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

‘Welkom by ons huis’ – Kunsvlyt 3

Nuus
16 Augustus 2019
Probeer dit gerus self.
Kunsvlyt welkom by ons huis

Heidi Coetzee se markdag-projekte het tydens episode 6 van Kunsvlyt beïndruk. Probeer dit gerus self deur haar stap-vir-stap-metode hier onder te volg:

Jy benodig:

Vir die swartbord:

  • Groot vierkantige hout-skilderbord van Creative Talents
  • A5-fotoraam
  • Ligblou en mintgroen krytverf van Creative Talents
  • Turkoois glinster Kaiser Kraft Mist van The Wholesaler
  • Little Birdie-papierblomme in ’n verskeidenheid van blou
  • Little Birdie Aqua Medley-plakboekpapier
  • Gelatos van Faber Castell
  • Mosaiek-teëls en halwe koppie van The Clay Club
  • Growwe en gladde tekstuur-medium van Dala
  • Hout-wasgoedpennetjies van Dala
  • Tombow-gom van The Wholesaler
  • ‘Clear Primer’ van Creative Talents
  • Swartbordverf van Dala
  • Gomgeweer

Vir die houtkassie:

  • Houtkassie met laatjie van Creative Talents
  • Krytverf (Pumpkin, Bright Pink, Dark blue, Picket Fence) van Creative Talents
  • Turkoois glinster ‘Kaiser Kraft Mist’ van The Wholesaler

Vir die notabord:

  • Klein vierkantige houtskilderbord
  • Wasgoedpennetjies van Dala
  • Keramiek blommetjies van The Clay Club
  • ‘Welkom by ons huis’-mosaiek teël van The Clay Club
  • ‘Black Pit Pen’ van Faber Castell
  • ‘White Pit Pen’ van Faber Castell
  • Krytverf in ‘Picket Fence’, pampoen, donkerblou en groen kleure van Creative Talents

Swartbord:

Stap 1:
Skeur die Plakboekpapier in repe en plak met Tombow-gom reg rondom die buiterand van die skilderbord, ’n ent weg van die kant. 

Stap 2:
Verf die buiteraam van die houtskilderbord met ligblou. Gebruik ’n kombinasie van ligblou en mint-krytverf in die middel van die skilderbord. Verf met beide verwe, maar moenie vooraf meng nie. Verf dik en rof vir tekstuur. Die papier moet raakgeverf word. Laat droog word. 

Stap 3:
Verf die fotoraam se binnekant met die swartbord-krytverf. Bedek die buiteraam van die fotoraam met ’n paletmes en growwe tekstuur-medium. Wanneer droog, gebruik die droë kwas tegniek en verf liggies met die ligblou krytverf. Sit die fotoraam aanmekaar en plak met die gomgeweer in die middel van die houtskilderbord. 

Stap 4:
Vorm ’n pasta met die gladde tekstuur-medium, room en turkoois Gelatos. Smeer die pasta rof oor die plakboekpapier vir tekstuur. Maak ’n rangskikking met die papierblomme om die hoeke van die raam en plak met die gomgeweer. 

Stap 5:
Plak die mosaiek koppie en teëls heel laaste vir afronding.

Houtkassie

Stap 1:
Verf die hele houtkassie met die helder pienk krytverf, binne en buite. Laat droog word.

Stap 2:
Verf die pampoenkleur krytverf plek-plek oor die helder pienk.  Moenie die pienk heeltemal toe verf nie.  Laat droog word. 

Stap 3:
Spuit die turkoois glinster ‘Kaiser Kraft Mist’ plek plek oor die pampoenkleur krytverf. Spuit tot dit begin loop, en wanneer amper droog – druk liggies daarop met ’n lappie. 

Notabord

Stap 1:
Verf die hele hout-skilderbord met ’n dik laag krytverf in ‘Picket Fence’ kleur. Teken die laslappie berg en drie huisies met die agterkant van ’n kwas in die nat verf in. Laat droog word.

Stap 2:
Kleur nou die prentjie in met krytverf. Wanneer droog omlyn die prent met die swart pen. Teken nou oor die swart lyne met die wit pen. 

Stap 3:
Bedek die hele bokant van die prent, en spuit net die randte van die skilderbord met die turkoois glinster “Kaiser Kraft Mist”. Druk liggies met ’n spons. Gebruik die turkoois mis direk uit die bottel met ’n kwas, om die lug en skaduwees in te verf. 

Stap 4:
Skud die wit pen hard oor die hele prentjie om die spatsels te maak.

Stap 5:
Plak die wasgoedpennetjies en ‘Welkom by ons huis’-tëel vas ter afronding.

As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.