Logo
Kyk Wie Praat Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Weet jy hoe ’n kind se kop werk? – Kyk wie praat

Nuus
03 Mei 2021
Hoe goed ken jy kinders?
Showpage Billboard 1600x800

Sê nou net ons vra ’n groep kinders tussen die ouderdom van ses en nege ‘n klomp vra, sal jy kan raai wat hulle antwoord is?

Indien wel, is dit nou jou kans om ’n deelnemer aan ’n nuwe speletjiesprogram op kykNET te wees. Daar is lekker pryse te wen wat gesinsnaweke en kontant insluit.

Die aanbieder van Kyk wie praat is die immergewilde De Klerk Oelofse. In elke program is daar nege kinders wat die vyf deelnemers op hulle tone gaan hou.

“Ek dink een van die slegste dinge van ouer word, is om so ’n stukkie van jou onskuld te verloor,” sê De Klerk. “Kyk wie praat is my kans om opnuut na die wêreld te kyk deur die oë van klein mensies. Dis natuurlik ’n bonus dat hulle vrek snaaks is!”

Die vier deelnemers per program word rondte per rondte uitgeskakel tot net een oorbly. Op die spel is ’n gesinsnaweek indien die deelnemer genoeg punte versamel het. Daar is ook ’n kans om R10 000,00 per program te wen, maar indien dié bedrag nie gewen word nie, staan dit oor tot ’n boerpot-prys wat in episode 13, die finale program in die reeks, gewen gaan word. In hierdie program neem die vyf deelnemers deel wat die meeste punte in die vorige twaalf programme ingesamel het.

Klink hierdie na pret? Skryf dan in en jy kan moontlik een van die deelnemers wees. Die kinderdeelnemers vir die reeks is reeds gekies. Nou is die volwasse deelnemers – jy moet minstens 18 jaar oud wees - nodig. Kyk wie praat word van 5 tot 17 Junie in Kaapstad verfilm. Indien jy een van die deelnemers is, moet jy self tot by die ateljees in Montague Gardens waar die opnames gemaak word kom.

Skryf hier in.