Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Wat om dié naweek te kettingkyk op Showmax!

Nuus
20 November 2020
As jy ook soos ons soms oor ‘n naweek wonder wat daar is om te kyk op Showmax, hoef jy nie verder te wonder nie: Ons het al die harde werk vir jou gedoen.
Showmax Artikel Web

Jy sou seker nou al gehoor het dat Die Boekklub weer terugkeer na jou kassie vroeg in 2021 – daarom stel ons voor dat jy sommer nou weer seisoen een én twee die naweek kettingkyk om reg te wees wanneer ons in die nuwe jaar gaan kuier in Merweville.

As die week besonders lank was en jy net wil afskakel van die week se geroesemoes en geraas, is ‘n goeie manier om te ontspan deur weer Hotel te kyk óf om in te haal met die nuwe komedie, Ekstra Medium wat geskryf is deur die einste Hotel-‘bestuurder’, Beer Adriaanse.

Met skooleksamens wat aan die gang is, kan mens ook net soveel inligting probeer memoriseer. Vergeet die naweek van vraestelle, take en eksamens deur Tydelik Terminaal te kyk, Sterlopers te maratonkyk of  om verlief te raak op Mika en Sean se eiesoortige verhouding in Kompleks.

Die feestyd is om die draai en as jy wonder wat om te bedien dié Desember vir vriende en familie, is dit ‘n goeie idee om Edik van Nantes en die Kokkedoor-reekse te kyk vir kulinêre-inspirasie.

Gallery

Laastens, as jy die naweek bietjie nostalgies voel; hoekom kyk jy nie die heel eerste kykNET dramareeks, Song vir Katryn nie?

Saam met kykNET en Showmax is daar geen tekort aan ‘n kettingkyk-waardige naweek nie!