Logo
Die Real Housewives van Pretoria - Season 1. Lottostar Kompetisie - R50 000
web uni tv guide

Die Real Housewives van Pretoria

144Realiteit13 L

Wat jy nooit verwag het nie – Die Real Housewives van Pretoria

Nuus
23 September 2022
Die “housewives” is omtrent interessant. Kan jy raai wie is ‘n “life coach”, wie versot is op “rock musiek”, wie nog verder studeer, wie nie kan fluit nie én wie eintlik ‘n apteker is?
Random Facts Article Image

Indien jy nog nie die ses dames van Die Real Housewives van Pretoria se profiel-video’s gaan kyk het nie, skuif gerus nader om hulle so bietjie beter te leer ken. Dié dames kan verseker nie op hulle stilleto’s getakseer word nie.

Rhona Erasmus
- Ek kan glad nie fluit nie.
- Op die ouderdom van 8 het ek die eerste keer 'n solo-abseil gedoen.
- Ek het hou nie van voëls nie, maar hulle agtervolg my altyd. Hulle kom selfs vir kuiers in my huis.
- Ek kry geweldige “motion sickness” van kleins af en as ek nie n pil drink nie, is dit die einde van my.
- Ek kan nie olywe verdra nie; ek dink dit is verskriklik sleg.
- Ek het altyd kougom by my. Ek kan baie goed verdra behalwe ’n stink asem.
- Ek “love” denims! Ek het 'n hele versameling van hulle en nou en dan “re-gift” ek van hulle aan mense.

Renske Lammderding:
- Ek was bang vir die donker as kind en baie ander goed!
- Ek het op Turfloop grootgeword voor skool, my pa was ‘n dosent by die Universiteit van die Noorde, toe Pietersburg vir skool tot 10 jaar en daarna Potchefstroom om te swot en toe na swottings terug Pretoria toe tot nou!
- Ek haat pampoen of warm-groente soos wat ou mense dit gemaak het… Ek was geforseer om dit te eet toe ek jonger was. Die tekstuur is aaklig… Ek eet rou groente of enige iets in slaaie eerder!
- Seekos is my “favourite” – ek kan nie genoeg daarvan kry nie!
- Ek is ‘n gekwalifiseerde apteker.
- Ek het ’n diploma in “decorating”, “designing” en “image consulting”.
- Ek was op skool gekies vir die “hoogs begaafde leerder”-klas.



Talana Kuhn:
- Ek is ’n “certified life purpose coach”.
- Ek is versot op Jalapenos en eet graag goed wat brand.
- Ek kan die reuk van kool nie hanteer nie.
- Ek kan trekker ry, naaldwerk doen, bou, breek en enige “handyman”-takie.
- Ek was ’n “uncool chubby kid” op skool gewees.
- Ek het die man van my drome op Tinder ontmoet.



Marie Bosman:
- Ek “love” messe: Mooi messe, handgemaakte messe, “combat” messe, swaarde en byle. Ek het ‘n redelike mooi versameling ook. “Cold steel” is my “fave”!
- Ek hou van “rock” musiek, amper “metal”. Musiek sonder dromme is nie mooi musiek nie.
- Ek hou van boots en tekkies in plaas van dogtertjie-skoene.
- Ek het ’n versameling handgemaakte pype gemaak van inheemse houte! Selfgemaak!
- Ek hou meer van die bos en berge as van die see.
- Ek hou van tatoes. Ek hoef dit seker nie te sê nie. Dis sigbaar. Elke tatoe op my lyf gaan oor die Here!



Mel Viljoen:
- Ek studeer nou nog (veral taktiese empatie en onderhandeling-metodes in besigheid).
- Ek bou self die beste naels in die land.
- Ek slaap met “earplugs”.
- Ek studeer eerder ’n nuwe vaardigheid as wat ek TV kyk.
- My linkervoet is ‘n klein bietjie groter as my regtervoet.
- Ek kan glad nie sonder akriel naels wees nie, soos nooit!

Kiki La Coco:
- Ek’s bang vir min goed in die lewe. As ek bang is vir iets dan wil ek dit doen om my vrees te oorkom.
- Ek eet alles behalwe vark, skulpvis en rou uie – dit ruik soos sweet!
- Ek's ’n baie goeie skud en het lisensies vir die volgende: Handgeweer, haelgeweer, jaggeweer en semi- outomatiese geweer.
- My droom kar is ‘n 1967 Chevy Impala. Ek spaar vir een!
- Toe ek 10 was het ek ’n orkaan beleef wat ons plaashuis se dak af geruk het en ons plaas verwoes het.
- Ek het nog nooit opgekyk na iemand nie. Bekende mense interesseer my glad nie, dis net gewone mense.

Hierdie is slegs ‘n paar feite oor dié dinamiese, talentvolle vroue – skakel elke Donderdag vanaf 13 Oktober 2022 om 20:00 in om hulle nóg beter te leer ken!