Logo
Wanderlus – Slim
web uni tv guide

Wanderlus

144ReisprogramPG

Wanderlus: Die Bosman's is weer op toer

Nuus
26 September 2022
In seisoen 2 van Wanderlus sien ons hoe twee avonturiers weer die pad met hulle Fortuner vat na bestemmings soos Simonstad, Velddrif, Port St. Johns, Langebaan, die Tankwa en Namakwaland.
Wanderlus: Die Bosmans

Volgens die woordeboek is wanderlus ’n sterk, onoorwinlike begeerte om rond te swerf, te reis. Dít is dan ook die perfekte woord om die Bosmans, Hennie en Nicole, te beskryf. Die twee avonturiers gaan in seisoen twee Wanderlus, wat op Saterdag 8 Oktober om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin, weer die pad met hulle Fortuner vat en van ons land se mooiste en interessantste bestemmings ontdek en beleef.

Die seisoen skop af met ’n reis na Kaap St. Francis in die Oos-Kaap. Daar word ook hierdie seisoen besoek afgelê by McGregor, Simonstad, Velddrif, Port St. Johns, Struisbaai, Langebaan, die Tankwa en selfs Namakwaland om net ’n paar plekke te noem. Hulle twee hondekinders, Diesel en Chloe, reis soms saam op van die avonture.

“Wanderlus is enig in sy soort in Afrikaans,” sê André Calitz, vervaardiger van Blixem Produksies. “Hier sien ons ’n pasgetroude paartjie wat sáám dinge doen, of dit nou visvang, avontuur of kosmaak is. Ek dink die ongefilterde aard van Hennie en Nicole as aanbieders, en gebalanseer deur Melt Sieberhagen se pittige kommentaar, maak dat kykers gemaklik met hulle kan assosieer. Dit is waarskynlik die deurslaggewende faktor in die program se sukses.”

Hennie het op drie al geweet hoe om perlemoen uit die see te haal en Nicole was lid van die Springbok-ruiterspan. Op hulle eerste afspraak het hulle gaan visvang, maar dit het duidelik ’n goeie indruk op haar gemaak. Hulle is al twee passievol oor bewaring en wedywer graag om die kospotte.

Wanderlus begin op Vrydag 8 Oktober om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.