Logo

Vyfminute-Liefde – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
04 November 2019
Is vyf minute genoeg wanneer liefde op die spel is?
Blitsafsprake kop

In die nuutste episode van Boer soek ’n vrou het vyf van die boere vir die eerste keer hulle potensiële pasmaats ontmoet. Die omstandighede was perfek – La Franschhoek se tuin as ’n agtergrond, Leah se aanmoediging en hoop in almal se harte.

Ten spyte van die ideale omgewing, was die boere steeds senuweeagtig. Hulle het slegs vyf minute gehad om te besluit of hulle ’n moontlike toekoms kon voorstel met een van hulle tien gekose pasmaats.

#BoerTheunis

Toe ons eers vir Boer Theunis ontmoet het, het hy erken dat dit hom a tydjie vat om gemaklik om mense te wees. So dit was geen wonder dat een van sy strategieë vir die blits-afsprake was om met voorbereide notas en vrae in te gaan nie. Dit het seker sy gesprekke so effens makliker gemaak, maar dit was steeds vir hom baie moeilik om te kies met watter vyf dames hy mee voort sal gaan.

#BoerGraham

Boer Graham was baie senuweeagtig vir die blits-afsprake, maar na sy eerste paar ontmoetings kon kykers sien dat hy uiteindelik op sy gemak was. Hy het selfs vir ons ’n paar onvergeetlike snaakse oomblikke gegee. Almal op sosiale media het omtrent gelag vir sy ‘bloopers’, maar dit was seker meer aangenaam vir die dames wat hulle ogies op hom het.

#BoerDamian

Toe ons sien hoe ’n senuweeagtige Damian liter na liter water afsluk, het ons gedink dat al sy afsprake ongemaklik sou wees. Maar na hy die ys gebreek het, het Damian heel rustig gesels met sy gekose pasmaats. Met sy omvattende vrae, was dit duidelik met wie hy ’n onmiddellike konneksie gehad het. Maar in die blits-afsprake moet almal deur ’n ongemaklike oomblik gaan soos toe Damian se pasmaat nie sy geleentheid vir 'n drukkie opgelet het nie.

#BoerHentie

Dit lyk asof hierdie volwasse boer baie ontspanne was tydens sy ontmoetings. Dit was ook duidelik dat sy pasmaats gereed was om die werk in te sit om sy aandag te vang. Nie net was hulle beeldskoon en ambisieus nie, maar sommige van hulle het ook vir die afsprake klein briewe en geskenke aangedra. Wie het gesê  dat die liefde nie gekoop kan word nie?

KLIEK HIER VIR NOG OULIKE OOMBLIKKE SAAM MET ONS BOERE.

#BoerWillem

Gedurende Willem se afsprake het ons ook vir hom beter leer ken. Ons het so bietjie gehoor van die eienskappe waarna hy  soek in ’n vrou, maar ons het ook geleer dat hierdie boer se toekomstige vrou beslis nie Engelssprekend is nie. Die enigste vraag waaroor ons steeds wonder is of hy eendag sy vrou met ’n romantiese jag-naweek gaan verras.

Die boere het nou die vyf pasmaats gekies vir wie hulle graag beter wil leer ken. Ons sal maar sien waar Cupido se liefdes-pyl beland vir elk van ons boere. Jy hoef niks van die romanse mis te loop nie. Loer op ons Facebook, Twitter en Instagram vir eksklusiewe #BoerSoeknVrou inhoud.