Logo

Vuur en vlam – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
15 November 2018
Die boere het hul drie gaste op die plaas verwelkom.
BSV-Vuur-Vlam

Waar daar ’n rokie is . . .

 

Hier is ’n paar oomblikke wat uitgestaan het in die plaas-toe-gaan-episode:

Boer André het vir Leah vertel sy buurvrou het hom gehelp om die kamers mooi te laat lyk. Sy het duidelik ’n oog vir die fyner dinge in die lewe, of, soos André sê:

Christelle wou vir Boer Duncan ’n vet druk gee, maar dis moeilik om werklik vir die boer te wys hoe jy oor hom voel wanneer jy sy aandag met twee ander dames deel:

“Dit sal vir my baie interessant wees om presies te hoor wat hulle dink die woord ‘stoet’ beteken,” het Boer André gespot oor die gonswoord op sy plaas:

Vir dié boer was daar ’n paar oomblikke met die dames wat hom laat dink het: “Stop die program, ek wil jou net opvreet!”

KYK: Slaggereed vir liefde!

Op Boer Cassie se plaas was dit nie lank voor die dames én die boer papsopwaternat was nie!

Boer Duncan se reaksie toe hy gehoor het Christelle eet nie varkvleis nie:

“Wat gaan hier op die bolip aan?” wou Leah by Boer Rèan weet.

Later was die snor af! “Die hele idee is dat hulle darem van my hou!” het die boer gelag.

Boer Toanette het ’n opwindende aktiwiteit vir die drie manne beplan:

Boer Cassie het nie baie tuis in die kombuis gelyk nie . . .

Die vonke het omtrent gespat om die etenstafel! “Kom, firefighter, maak hom dood!” het Nardus vir Carlo gesê toe iets op die tafel aan die brand gesteek het.

KYK: Armdruk vir Toanette!

Boer Rèan se ode aan “Oom Johan”:

Ons wil van jóú hoor! Neem elke week deel aan ons kykerskeuse-ervaring, en onthou om op sosiale media saam te gesels! Gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou.

Boer Soek ’n Vrou 11 herhaal Sondae om 11:30 en 21:30, slegs op DStv-kanaal 144.