Logo

Vriendskaplike 'vibe' – Boer soek 'n vrou

Nuus
10 Maart 2022
Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.
Bu-Anda – Boer soek 'n vrou 14

#BoerPetre het bevestig dat hy wel nog nie verlief is op enige van die twee dames op sy plaas nie, maar dat daar wel tog 'n kans is dat hy meer tyd met beide van hulle sal wil spandeer. 

Met sy alleentyd met Bu-Anda, kon kyker bitter vinnig agterkom dat sy nie 'n toekoms met hierdie boer sien nie, en dat sy nie die geleentheid wil ontneem van Lourize om moontlik liefde met Boer Petré te vind nie. 

Bu-Anda het die besluit geneem om liewer die plaas te verlaat om te verseker dat sy nie Boer Petré valse hoop gee nie, maar ook sodat Lourize meer tyd met hom kan spandeer. Die gesprek het goed verloop en al die partye het haar besluit verstaan en respekteer.

Ons het ingeloer by Bu-Anda na sy haar besluit gemaak het. Sy is rustig oor haar besluit en dit is duidelik dat sy Petré se gevoelens eerste geplaas het in haar keuse. 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.