Logo
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Vreeslose vrouens in jou gunsteling kykNET-sepie

Nuus
08 Maart 2021
Daar is nie ‘n tekort aan sterk, vreeslose vroulike karakters in jou gunsteling kykNET-sepie nie. Ter viering van Internasionale Vrouedag kyk ons na ‘n paar van hulle.
Vrouedag Article Header

Getroud met rugby

In die wêreld van die Stryders waar rugby koning kraai, is daar beslis ‘n hele paar sterk vroue agter die sukses van die rugbyspan.

  • Kristien staan vir niemand terug nie en is beslis nie ‘n dame met wie jy wil moeilikheid soek nie. Sy staan sterk in haar oortuigings en bemoedig ander om dieselfde te doen.
  • Jana sal nooit gaan lê voordat sy nie die volle waarheid uitgesnuffel het nie. Haar morele kompas is sterk en iets waarna ons almal kan streef in ons daaglikse lewe.
  • Bibi gee nooit moed op nie – veral nie as dit by die liefde kom nie. Haar vermoë om elke keer die liefde nog ‘n kans te gee is bewonderenswaardig.
  • Renate se liefde lê diep – daar is niks wat sy nie sal doen vir haar geliefdes nie. Sy is ‘n regte leeuwyfie wat almal om haar wil beskerm.

 

Suidooster

Die Suidooster waai dalk sterk, maar ons vermoed dit is as gevolg van dié sterk vroue!

  • Carmen is ‘n vrygees wat die lewe vat soos wat dit kom. Sy bekommer haar nie oor onbenullighede nie en glo vas daaraan dat mens in die oomblik moet lewe.
  • Mymoena is al deur diep waters, maar sy staan elke keer weer op – maak nie saak wat gebeur nie. Haar gesin en haar geloof is haar steunpilare.
  • Lee-Ann wil die wêreld red! Sy baklei vir haar gemeenskap en wil net die beste hê vir die inwoners van Ruiterbosch.
  • Bridgette is die sterk sakevrou. Sy bevind haarself in ‘n manswêreld, maar dit skrik haar nie af nie! Ons vermoed dit is juis wat haar so briljante hoof maak van Suidooster-eiendomme.

 

Binnelanders

Die gange van Binnelanders wemel van interessante vroulike karakters.

  • Annelize veg vir dit wat sy wil hê: hetsy dit haar huwelik is en of dit vir die hospitaal is. Sy moes ongelooflik hard werk om leer te klim by Binneland-kliniek.
  • Tracy veg steeds elke dag teen haar verlede en om vir haarself ‘n beter lewe uit te kerf. Haar prioriteit is haar dogtertjie se welstand.
  • Delia is ‘n vegter, maar is ook iemand wat eintlik ‘n baie sagte hart het.
  • Naomi is sterk en standvastig. Sy glo in reg en verkeerd en wil die wêreld ‘n beter plek laat. Haar werk is haar trots. 

Wie is jou gunsteling vroulike karakter in Getroud met rugby, Suidooster en Binnelanders? Onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram.