Logo

Voorskou: Episode 7

Nuus
21 April 2015
Dié week se episode van Koekedoor het ’n kinderpartytjie-tema, en die Koekedore moet persoonlikheid gee aan nostalgiese soetgoed.
Koekedoor-Kinderpartytjie-300x200

Dié week se episode van Koekedoor het ’n kinderpartytjie-tema, en die Koekedore moet persoonlikheid gee aan nostalgiese soetgoed en verjaardagkoek.

Ses deelnemers is oor, en Donderdag word die vyfde Koekedoor huis toe gestuur. Cecilia het verlede week die Koekedoor-stoor verlaat. Broodrolletjies, pantoffelbrood en pronk-brood was op die tafel, en Cecilia het erken broodbak is nie haar sterkpunt nie.

34 hannon bothma 11


Die Koekedore word vandeesweek weggevoer na ou nostalgiese herinneringe, en daar is natuurlik ’n goeie dosis pret.

34 burgert


Kyk die voorskou-video hier onder, en moenie vergeet om Donderdag om 20:30 op kykNET in te skakel nie!