Logo

Voorskou: Episode 6

Nuus
14 April 2015
In dié week se episode moet die Koekedore meesterstukke optower deur basiese bestanddele soos meel, gis en water te meng.
Voorskou-Ep.6-300x200

Die Koekedore is plesierig, en dan versier hulle só. In verlede week se episode het die beoordelaars gehelp om die spanning in die Koekedoor-stoor te verlig: nie net is daar fees gevier met groot koeke nie, maar niemand is huis toe gestuur nie.



Dit was basaar-tyd, maar nie sonder foute nie. Sjokolade-torings het gesneuwel, en ’n paar Koekedore kon nie daarin slaag om die basaar op sy kop te keer nie. Mareli is as die episode-wenner aangewys en het met ’n nuwe Kenwood Chef Sense XL weggestap.



In dié week se episode moet die Koekedore meesterstukke optower deur basiese bestanddele soos meel, gis en water te meng. Broodbak bly ’n bak-wonderwerk en spesialiteitsbrode word in die voorgrond geplaas.

Moenie die sesde episode, Donderdag om 20:30, misloop nie!



Koekedoor is op Facebook, Twitter en Pinterest.