Logo

Voorskou: Episode 5

Nuus
07 April 2015
In die vyfde episode pryk daar groot koeke op die tafel, en daar lê ’n lekker verrassing vir die Koekedore voor.
Voorskou-Ep.5-

Die Koekedore het rede om fees te vier.

Die fynste fyngebak is verlede week voorgesit, en vir sommige deelnemers was dit ’n nagmerrie-ervaring om hul piepklein petit fours te versier.



Dié uitdaging was egter nie te groot vir Martjie nie, en sy is as die episode-wenner aangewys. Caroli was een van die Koekedore wat minder suksesvol was en het die derde Koekedoor geword om die kombuis te verlaat.



In die vyfde episode pryk daar groot koeke op die tafel, en daar lê ’n lekker verrassing vir die Koekedore voor.

Kyk die video hier onder, en maak seker jy is Donderdag om 20:30 voor die kassie.



Koekedoor is op Facebook, Twitter en Pinterest.