Logo

Voorskou: Episode 3

Nuus
24 Maart 2015
Ep.3_Voorskou-300x200

Die deelnemer wat vanjaar Koekedoor wil wen, gaan moet sterk staan – selfs al lol die senuwees.

Dit was ’n brawe gebak en brou in die stoor verlede week. Mareli het die uitdagings van oggendgebak – soetbrood, kamma-mosbolletjies en Deense gebak – bemeester, maar dit as ’n “bittersoet” ervaring beskryf. ’n Koekedoor moes huiswaarts keer, en Louise was teleurgesteld om te hoor sy is eerste om die kombuis te verlaat.



In dié week se episode moet die Koekedore weer hul meelbestrooide paadjie deur drie uitdagings bak. Die tema is “Ons gaan see toe”, en die deelnemers gaan moet uithaal en wys om seker te maak die volgelaaide motor vertrek nie sonder hulle nie.



Hoe gaan die Koekedore vaar? Kyk na die voorskouvideo hier onder, en onthou om Donderdagaand om 20:30 op kykNET in te skakel.



Koekedoor is op Facebook, Twitter en Pinterest.