Logo

Voorskou: Episode 2

Nuus
16 Maart 2015
Ep.2_Voorskou-Brood-300x200

Die soektog na Suid-Afrika se volgende bobaas-bakker duur hierdie week voort.

In Koekedoor se prag-kombuis in Tulbagh het die spanning verlede week hoog geloop soos wat die tien deelnemers van regoor die land byeen gekom het. Hul eerste uitdaging was om die pronkgebak van tien van Suid-Afrika se grootste bak-persoonlikhede na te boots. Gerda van Ermelo het die lootjie getrek om Herman Lensing, Sarie se bekroonde kosredakteur, se “outydse” sjokoladekoek, versier met bladgoud, te bak. Sy het die eerste uitdaging met háár weergawe van Lensing se spogkoek gewen.



In dié week se episode gaan die Koekedore nie een nie maar drie uitdagings moet baasraak. “Jy is so goed soos jou volgende gebak,” het Gerda immers gesê. ’n Gebak, gemaak volgens ’n familieresep, is een van die uitdagings. Daar is ook varsgebakte brioche op die tafel, en ons gaan hoor wie eerste die Koekedoor-stoor moet verlaat.

34 tokara


Kyk na die voorskouvideo hier onder, en onthou om Donderdagaand om 20:30 op kykNET in te skakel.



Koekedoor is op Facebook en Twitter.