Dit is amper tyd om Suid-Afrika se bobaas-bakker aan te wys.
Verlede week se episode was ’n ode aan die eier, en die top-drie moes onder meer hul koeke “vlerke” gee en eierwit-eilande skep. Dié episode het die Koekedore, beoordelaars en kykers laat sluk aan die trane, en Gerda het die agtste deelnemer geword om die stoor te verlaat.
Martjie en Mareli sê mekaar vir oulaas die stryd aan, en een van hulle word aan die einde van die episode as wenner gekroon. Boonop word die spesiaalste gebak vir laaste gehou…
Kyk die voorskou-video hier onder, en moenie die finale episode van Koekedoor – Donderdag om 20:30 op kykNET – misloop nie!
Koekedoor is op Facebook, Twitter en Pinterest.