Logo

Voorskou: Episode 12

Nuus
26 Mei 2015
Die vraag is nie of die hoender of die eier eerste was nie, maar hoe enigiets in die kombuis sonder die eier kan gebeur.
Voorskou-Ep.12-Banner
Die vraag is nie of die hoender of die eier eerste was nie, maar hoe enigiets in die kombuis sonder die eier kan gebeur.

In verlede week se episode moes die Koekedore raaiselkoeke baasraak. Niemand is huis toe gestuur nie, en Mareli is as episode-wenner aangewys.

In vandeesweek se episode is eierwit en -geel die hoofkarakters op die Koekedoor-verhoog.

Eierwit bring ’n wolkerige en veerligte karakter na poeding en koek, terwyl eiergeel ’n rol as smaakverryker, verdikkingsmiddel en kleuragent speel. Saam is hulle ’n tour de force.

Kyk die voorskou-video hier onder.