Logo

Voorskou: Episode 11

Nuus
18 Mei 2015
Drie Koekedore is oor en in dié week se episode is daar verskuilde boodskappe wat uitgepluis moet word.
Ep.11-Voorskou-300x200

Drie Koekedore is oor en in dié week se episode is daar verskuilde boodskappe wat uitgepluis moet word.

Verlede week moes die Koekedore vleg en draai, en Gerda, Martjie, Mareli en Gerrit se koeksisters, sjokolade-borduurwerk en gebakte tert het die beoordelaars laat kopkrap. Tiaan, Mari-Louis en Tannie Elizabeth se taak raak beslis nie makliker nie, en Gerrit het die sewende Koekedoor geword om die stoor te verlaat.

34 1309 3


Deur die eeue heen het bakkers vir die rykes en adellikes koeke vol drama opgetower, en vandeesweek moet die deelnemers koekeloer-koeke – raaiselgebak waarin allerlei geheime en verrassings versteek is – baasraak.

Ou resepte word opgediep, sonder om van die jongste neigings weg te dwaal.

Kyk die voorskou-video hier onder, en moenie Koekedoor op Donderdag om 20:30 misloop nie!



Koekedoor is op Facebook, Twitter en Pinterest.