Logo
Diepe waters cast
web uni tv guide

Diepe Waters

144Drama13 VL

Voorskou: 17 - 20 April 2023 - Diepe Waters

Nuus
17 April 2023
Hier is waarna jy dié week kan uitsien!
Diepe Waters

Maandag, 17 April

Gys het ‘n slegte dag, en Sanet konfronteer Rossouw oor die koevert wat sy ontvang het. Johan neem ‘n besluit oor die aanbod, terwyl ‘n verskoning nie goed afgaan nie.

Dinsdag, 18 April                                                                 

Jacques haal vir Rossouw oor die kole omdat hy nie vir Sanet ondersteun nie. Nina se skok lei tot nuwe onthullings. Zelda is nie beïdruk met Meghan se uitkyk nie.

Woensdag, 19 April

Wim en Rose beraam ’n plan na Nina se onthulling. Meghan se Gush-partytjie is in volle swang. Gys is senuweeagtig om uiteindelik sy geheime belegger te ontmoet.

Donderdag, 20 April

Gys raak woedend wanneer Zelda hom konfronteer. Wim is opsoek na Johan, en dinge loop verskriklik verkeerd by die partytjie.

Maak seker jy skakel elke Maandag tot Dondedag om 19:30 in vir nog drama in #DiepeWaters.