Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Voorskou: 17 - 21 April 2023 – Binnelanders

Nuus
17 April 2023
Hier is wat dié week voorlê op #Binnelanders!
Binnelanders weekly

Maandag, 17 April

Suzy erken die waarheid aan Tracy, ’n uitnodiging word uitgestuur, Tertius wil die polisie bel, en ’n dagboek bevat bewyse. Jaco is op iemand se spoor, en Annelize is woedend.

Dinsdag, 18 April                                                                 

Tracy kry ’n nota en die idee van ’n nuwe restaurant maak iemand opgewonde. ’n Polisieman kan nie vertrou word nie.

Woensdag, 19 April

Naomi stem in tot Thalia se versoek, en Louis word ’n groot vraag gevra. Uys skryf iets vir angs voor, Tracy is op ’n missie, en Gaby probeer Tertius oorreed om ’n aanbod te maak.

Donderdag, 20 April

Tracy kontak iemand in die polisie, en ’n ooreenkoms word aangegaan. Gaby plaas nog meer druk op Tertius, Annelize raak gemaklik met iemand, en Danny vind iets uit wat hom woedend maak.

Vrydag, 21 April

Louis oorweeg ’n aanbod, iemand het dalk met prostitusie te doen, en ’n gesogte spesialis wil by Binneland aansluit. Louis is nie gelukkig met die modelwerk nie.

Skakel elke Maandag tot Vrydag om 19:30 in vir al die drama in #Binnelanders.