Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Voordat die kameras rol – Arendsvlei

Nuus
09 Januarie 2020
Ons het gesels met een van die Arendsvlei-skrywers, Retief Scholtz, oor hoe die reeks vanuit die skrywerskamer ervaar word.
7I0A2268 (1)

Retief Scholtz is beslis nie ’n vreemdeling by kykNET nie. Sy bydrae tot kykNET-produksies soos Dwaalster, Sara Se Geheim, Alles Malan en natuurlik, Arendsvlei, maak dat hy iemand is wat jy beslis in jou span wil hê! Ons wou gevolglik uitvind hoe hy dit ervaar het as een van die skrywers van die gewilde reeks.   

Wat was vir jou die hoogtepunt van seisoen 1?

Die Lee-Roy en Wesley storielyn was vir my een van die hoogtepunte. Dit was eerlik, opreg en was n storie wat waarlik gewys het dat liefde is liefde.

Wat was die lekkerste toneel om te skryf?

Enige toneel waar Beatrice en Wendy teen mekaar te staan kom is vir my heerlik om te skryf! Rehane en Jolene is sulke wonderlike akteurs. Dis heerlik om te skryf, want jy kan in jou kop sien terwyl jy skryf hoe mooi hulle die toneel gaan speel.

Wat was die moeilikste toneel om te skryf en hoekom was dit ’n uitdaging?

Tonele waar mense met verlies moet deal is altyd moeilik vir my. Mens voel amper sleg om hulle hartseer te laat voel. 

Is daar enigiets wat jy sou verander aan die eerste seisoen?

Glad nie, ek dink die wêreld en die mense van Arendsvlei is goed bekendgestel, ek dink daar was oorgenoeg drama, trane en lag. Dit is n goeie fondasie om verder op te bou.

Hoekom dink jy het kykers die eerste seisoen so baie geniet?

Ek dink enige storie wat eerlik, opreg en ‘relatable’ is sal altyd goed ontvang word. Arendsvlei deal met relevante en allerdaagse stories. Jy ken die mense wanneer jy voor jou televisie sit. Hulle is jou vriende. ‘You love to love them and you love to hate some of them.’

Maak seker jy bly op hoogte met al die verwikkelinge en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.