Logo
Voetspore in Afrika
web uni tv guide

Voetspore In Suid-Afrika

144ReisprogramPG

Voetspore reis na die oorsprong van die Zambezi - Voetspore

Nuus
05 Mei 2023
Die suidelike deel van Afrika is ’n lushof vir avonturiers en die Voetspore-span kom keer op keer met nog ’n opwindende reis na vore.
Voetspore

In Voetspore: Zambezi, wat Sondag 7 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin, reis die span onder leiding van Johan Badenhorst noord vanaf Suid-Afrika na die oorsprong van die magtige Zambezi.

“Nadat Voetspore se vorige twee reekse in Suid-Afrika afgespeel het, was dit weer tyd om die kontinent verder noord van ons te verken,” sê Johan. “Voetspore: Zambezi is ’n wonderlike tema om die vloei van een van Afrika se magtigste riviere te volg. Daar is blootstelling aan wonderlike landskappe, interessante kulture, fantastiese persoonlikhede, van die beste natuurlewe wat die kontinent bied en dit alles teen die agtergrond van ’n uitdagende avontuur vir vyf mans, een dame en drie 4x4-voertuie.”

Die plekke wat die span besoek het, sluit in Lukulu waar hulle by Matoya gaan tiervisvang het, die Liuwa-vlaktes, Mosi-oa-Tunya (meer bekend as die Victoriavalle), Karibameer en Cahora Bassa.

Wat was Johan se persoonlike hoogtepunt?

“Om die mond van die Zambezi te bereik was ’n besondere hoogtepunt, veral omdat dit immer in die weegskaal was,” sê hy. “Die terrein was bykans onbegaanbaar soos die span nader en nader aan die Indiese Oseaan gevorder het. Niemand kon aan ons bevestig of dit wel moontlik was nie. Ná bykans drie maande op reis was die aankoms by die mond van die Zambezi ’n persoonlike hoogtepunt. Vir my was dit nog meer so, want ek kon dit saam met Nina en Streicher, twee van my kinders, beleef. Maar so ook die ander spanlede – Norbert Coetzee, Stefan Sonnekus en Francois Marais.”

Voetspore: Zambezi begin Sondag 7 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).